Was jou maat ontrou?
2020-04-04Psalm 31:13 ABA
Wanneer jou maat julle huweliksbelofte verbreek, kan dit jou hart breek. Nadat die aanvanklike skok vervaag, kan jou dwingende begeerte wees om hulle terug seer te maak. Wat moet jy egter eerder doen? 1) Neem tyd om jou emosies te prosesseer. ‘n Vinnige: ‘Ek vergewe jou,’ of om dit onder die mat in te vee, sal enige hoop om ‘n sterk verhouding te herbou, saboteer. 2) As jou maat ‘n gewoonte-oortreder is wat wil lewe soos dit hom of haar behaag, gee God se Woord jou die reg om jouself vry te maak van hulle. Moet egter nie te vinnig beweeg nie. Vra jouself af of werks- en familiedruk moontlik die oorsaak was dat julle mekaar begin afskeep het. Het jy onbewustelik ‘n deur vir die Vyand oopgemaak? Hierdie is harde vrae – maar hulle moet beantwoord word, omdat die besluit wat jy maak een is waarmee jy die res van jou lewe sal moet saamleef. Jy mag dit dalk nie nou glo nie, maar God kan ‘n goeie huwelik uit ‘n slegte gemors maak. Ja, dit sal tyd neem – vertroue kan slegs stadig herbou word. Dit beteken dat julle: a) Leer om sensitief teenoor mekaar te wees. b) Besef dat jou maat dalk gedetailleerde aanspreeklikheid nodig het en dat jy dalk die ekstra myl sal moet loop om die vertroue wat verlore is, te herbou. Dit kan egter gebeur. ‘Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die Here is naby diĆ© wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is’ (Psalm 34:17-18 NLV). God kan jou situasie omdraai. As jy saam met Hom sal werk – sal Hy saam met jou werk.
Sielskos: 2 Tess 1-3; Matt 27:1-10; Ps 32; Spr 9:10-16