Gee jou kinders waardes
2019-04-051 Korintiërs 3:11 NLV
‘n Kind sonder waardes is aan almal anders se waardes uitgelewer. Paulus skryf: ‘Ons is Gód se werkspan… Want niemand kan ‘n ander fondament lê as die een wat alreeds gelê is nie – Jesus Christus’ (vers 9, 11 NLV). Wanneer die volwasse rolmodelle in jou kinders se lewe hulle in die steek laat, stuur hulle na Jesus toe. Vertel vir hulle hoe Hy dinge hanteer het en wat Hy oor die probleme waar voor hulle in die lewe te staan sal kom, te sê het. Jesus het gesê: ‘…Hiervoor is ek gebore…’ (Johannes 18:37 NLV). Laat jou kinders weet dat hulle vir ‘n spesiale doel gebore is en dat God dit aan hulle sal openbaar soos hulle saam met Hom stap. Groepsdruk sou minder effektief gewees het as ons kinders geleer is om aan hulle eie waardes vas te hou en hulle eie opinies te respekteer. Moet egter nie net jou kinders leer nie, vra ook hulle opinies – en respekteer hulle. Die huis is waar kinders leer om uit te druk hoe hulle voel en as jy die regte fondament gelê het, het jy niks om oor bekommerd te wees nie. Jy moet hulle eenvoudig lei om die regte opinies te vorm. As jy dit nie doen nie, sal hulle nie leer om vir hulleself te dink of die lewe met selfvertroue aan te pak nie. Moses het vir die Israeliete gesê: ‘Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee. Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die huis en wanneer julle op pad is, wanneer julle lê en wanneer julle opstaan’ (Deuteronomium 6:6-7 NLV). Daar het jy dit, Ma en Pa – die werk is joune! Begin dus daarmee en God sal jou en jou familie seën.
Sielskos: Lev 18-20; Luk 21:12-24; Ps 25:16-22; Spr 10:2