Hoe alles gaan eindig
2019-01-30Openbaring 22:4-5 NLV
Om te weet hoe ‘n storie eindig, moet jy die laaste hoofstuk lees. In Openbaring 22, die laaste hoofstuk van die Bybel, lees ons oor twee wonderlike vooruitsigte wat deur elke verloste kind van God geniet gaan word. Kom ons kyk daarna: 1) ‘Hulle sal Hom vol in die oë kyk.’ Een van die grootste vreugdes in die hemel sal wees om die gesigte van ons gestorwe geliefdes te sien en ‘n ewigheid saam met hulle te spandeer. Hoe opwindend dit ook al mag wees, kan dit nie vergelyk word met die vreugde om Jesus, die Een vir wie ons die liefste is, se gesig te sien nie. Die gesangskrywer het gesê: ‘Face to face with Christ my Savior, face to face what will it be. When with rapture I behold Him, Jesus Christ who died for me.’ Dis nie al nie; lees die volgende: ‘Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk’ (1 Johannes 3:2 NLV). Ons sal Hom sien, ons sal soos Hom wees en ons sal vir ewig saam met Hom wees. Hoe wonderlik is dit nie! 2) ‘En hulle sal vir altyd as konings regeer.’ Net soos die eindeksamen jou gekwalifiseer het om te gradueer en ‘n lewe te begin maak, so kwalifiseer die toetse en beproewinge van hierdie lewe jou om te gradueer en saam met Christus in die volgende lewe te regeer. Hou jou oë op die prys. Die lewe is ‘n kortverhaal; die ewige lewe is die groot storie – om Jesus van aangesig tot aangesig te sien en vir ewig saam met Hom te regeer.
Sielskos: Pred 9-12; Luk 7:1-10; Ps 107:17-22; Spr 3:21-24