Droomdoders (3)

2019-01-09
Romeine 4:17 NLV

Wanneer jy dit waag om te droom, werk die God wat ‘dinge wat nog nie bestaan, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is,’ binne-in jou. Daar is egter ‘n derde droomdoder wat jy te bowe moet kom: Tevredenheid met middelmatigheid. ‘n God-gegewe droom sal jou strek; jy kan nie daarna uitreik en terselfdertyd veilig in middelmatigheid bly nie. Die twee is onversoenbaar. Wanneer jy tevrede met middelmatigheid word, is dit aanloklik om dit op ander mense, of jou persoonlike omstandighede, of die sisteem te blameer. Die waarheid is egter dat middelmatigheid altyd ‘n persoonlike keuse is. Wanneer jy nie ‘n dwingende droom het nie, loop jy die gevaar dat jou lewe eenvoudig weg sal gly. Die skrywer, Kenneth Hildebrand, stel dit so: ‘Die armste van alle mense is nie die man sonder ‘n sent op sy naam nie. Dis die man sonder ‘n droom. Hy is soos ‘n groot skip wat vir die magtige oseaan gebou is, maar wat op ‘n meuldam probeer navigeer. Hy het nie ‘n hawe om te bereik nie, geen horison om te sien nie, geen kosbare vrag om te dra nie. Sy ure word deur roetine en kleinlike take geabsorbeer. Dis g’n wonder hy raak onvergenoegd, bakleierig en keelvol nie. Een van die lewe se grootste tragedies is ‘n persoon met ‘n tien-by-twaalf kapasiteit en ‘n twee-by-vier siel.’ As jy voel dat jou lewe nader aan middelmatigheid is as wat jy wil hĂȘ, moet jy meer doen as om net te droom. Niks sal jou help om uit jou groef te breek soos ‘n God-gegewe droom nie. As jy nie reeds een het nie, vra God om jou een te gee. Hy kan dit dalk vir jou oombliklik gee, of oor ‘n tydperk, maar Hy sal dit vir jou gee.

Sielskos: Jes 26-29; Luk 2:1-7; Ps 46; Spr 1:32-33