Droomdoders (1)
2019-01-07Genesis 37:19-20 NLV
Kom ons kyk vir die volgende paar dae na dinge wat jou drome dood maak: Moedeloosheid. ‘n Eksperiment is op ape uitgevoer. Vier van hulle is in ‘n kamer met ‘n lang paal in die middel geplaas. Bo-op die paal was ‘n tros piesangs. Een van die ape het die paal uitgeklim, maar net toe hy die piesangs wil gryp, is hy met ‘n emmer water natgegooi. Hy het gillend grond toe geklim en sy poging laat vaar. Elke aap het probeer om die piesangs te kry en al vier is natgegooi. Na verskeie pogings het hulle opgegee. Toe het die navorsers een van die ape weggevat uit die kamer en hom met ‘n nuwe aap vervang. Die nuweling het probeer om die paal uit te klim, maar die ander ape het hom daarvan weerhou en van die paal afgetrek. Die navorsers het die oorspronklike ape een vir een met nuwe ape vervang; elke keer wat ‘n nuwe aap ingebring is, is hy deur die ander ape afgetrek voordat hy die piesangs kon bereik. Na ‘n ruk was nie een van die ape wat natgegooi is meer in die kamer nie, maar nie een van die ape wou die paal uitklim nie. Hulle het mekaar daarvan weerhou om die paal uit te klim – maar nie een van hulle het geweet hoekom nie. Toe God vir Josef ‘n droom van toekomstige sukses gegee het, het sy broers hom daarvoor verkwalik en gesĂȘ, ‘Hier kom daardie dromer!… Kom ons maak hom dood…’ Het ander mense probeer om koue water op jou droom te gooi? Skep moed. Met God is dit nooit te laat om te begin droom, of die droom wat Hy reeds vir jou gegee het na te jaag en te vervul nie.
Sielskos: Jes 17-21; Luk 1:57-66; Ps 42:1-5; Spr 1:20-27