Verpersoonlik God se beloftes

2018-12-21
Psalm 56:4 NLV

Onderliggend aan jou grootste vrese – is gedagtes. Hulle mag dalk in die openbaar uitgedruk word of in die privaatheid vertroetel word. In elke geval, moet jy hulle gevange neem en hulle verander. As jy dit nie doen nie, sal hulle jou beheer. Een van die kragtigste wapens wat God jou gegee het om vrees en bekommernis te oorwin, is die vermoĆ« om sy beloftes te verpersoonlik. Hier is net ‘n paar: ‘…Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos…Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. Want Ek is die Here jou God…’ (Jesaja 43:1-3 NLV). Wat moet jou reaksie op God se beloftes wees? ‘Ek sal sterk en dapper wees. Ek sal nie bang of huiwerig wees nie. Die Here my God is saam met my in alles wat ek doen’ (sien Josua 1:9 NLV). ‘Die Here waak oor my wat Hom dien, oor my wat hoop op sy troue liefde’ (sien Psalm 33:18). ‘Wanneer ek bang is sal ek sterk wees, want God kom om my te red!’ (sien Jesaja 35:4 NLV). ‘Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees?.. Want as gevaar dreig, sal Hy my wegsteek. Hy sal my in sy woning verberg. Hy sal my op ‘n hoĆ« rots laat staan… bokant my vyande wat my omring… terwyl ek sing en met musiek die Here loof’ (Psalm 27:1, 5-6 NLV). Wil jy jou vrees en bekommernisse oorwin? Verpersoonlik God se beloftes!

Sielskos: Job 15-17; Luk 1:39-56; Ps 12; Pred 9:10-12