Die groot Skepper
2018-12-11Psalm 19:2 NLV
Of jy nou na die heelal deur ‘n teleskoop of ‘n mikroskoop kyk, jy sal uitvind dat God ‘n wonderbaarlike skepper is. Kom ons kyk na drie dinge wat Hy ontwerp het: 1) Temperatuur. Die son se oppervlak is 5500 grade Celcius en ons is 149 668 992 kilometer daarvandaan – net die regte afstand. As die aarde se temperatuur 10 grade warmer of kouer was, sou alle lewe uitsterf. Dink daaroor: Hoekom was die aarde nie twee keer so ver of twee keer nader aan die son geplaas nie? 2) Rotasie. Ons roteer 365 keer ‘n jaar soos ons om die son wentel. Veronderstel ons het net 36 keer geroteer? Wel, ons dae en nagte sou dan 10 keer so lank gewees het. Ons sou verskriklik warm aan die een kant en onuithoudbaar koud aan die ander kant gekry het; en die lewe soos ons dit ken sou uitsterf. 3) Lug. Suurstof maak 21 persent van ons atmosfeer uit: die presiese balans van lug wat ons nodig het om asem te haal. Hoekom nie 50 persent nie? Omdat die eerste keer wat iemand ‘n vuurhoutjie sou trek, ons aan die brand sou slaan! Vra jouself dus af, is die 21 persent deur God ontwerp of was dit per ongeluk? Die Skepper het dit so besluit. Wil jy hom leer ken? Jy kan. Tydens die skepping het Hy sy groot mag geopenbaar, maar by die kruis het Hy sy groot liefde geopenbaar (Johannes 3:16). Deur Jesus, sy Seun, kan jy die groot Skepper persoonlik ken en die gawe van ewige lewe ontvang. As jy dit nie doen nie, sal jy ‘n verlore ewigheid binnegaan. Enige kans dat jy die uitsondering sal wees? Nee! Die mense in die hemel sal die mense wees wat deur keuse, nie deur kans nie, daar gekom het.
Sielskos: Gen 44-46; Joh 19:1-24; Ps 148:7-14; Pred 5:4-6