Die deugsaamheid van vlyt

2018-01-14
Spreuke 10:4 NLV

‘n Vlytige werker is iemand wat skerp, beslissend en ywerig is. Hy of sy wil werk, maak ‘n verskil en dra by tot hulle families en die samelewing. Die lewe skuld jou niks behalwe ‘n geleentheid om sukses te behaal nie. Jy sal egter vir hierdie sukses moet werk. Een dag het twee tieners gesit en gesels toe die een sĂȘ, ‘Ek is regtig bekommerd. My pa sloof hom af by die werk sodat ek niks kort kom nie. Hy betaal al my rekeninge en stuur my universiteit toe. Ma sloof haarself elke dag af deur my klere te was en te stryk en agter my aan skoon te maak.’ Verward het sy vriend gevra, ‘So waaroor is jy dan bekommerd?’ Hy het geantwoord, ‘Ek is bang die slawe ontsnap dalk!’ Jy moet as ouer vir jou kind die deugsaamheid van vlyt leer. Moet dit nie net leer nie – lewe dit ook uit! Jy sal weet dat jy suksesvol is wanneer hulle nie meer geregtig op sakgeld voel of jou as ‘n menslike OTM masjien sien nie. Jou kinders sal meer as die helfte van hulle wakende ure in hulle volwasse lewens by die werk spandeer en dis nodig dat hulle besef dat dit God se idee was en nie ‘n vorm van straf nie. Sommige mense dink dat werk die gevolg van die vloek in Eden was, maar dit was nie. God het vir Adam aangestel om in die tuin te werk voor sonde op die toneel verskyn het (sien Genesis 2:15). Jesus was ‘n timmerman (sien Markus 6:3). Paulus, een van die grootste Christene in die geskiedenis, was ‘n tentmaker (sien Handelinge 18:1-3). Daar is niks eerloos aan werk wat die moeite werd is om gedoen te word en goed gedoen word nie.

Sielskos: Eks 20:4-6; Deut 7:17-8:2; Jes 40:18-31; Kol 3:5-10