God het steeds ‘n plan vir jou

2017-08-13
Jeremia 29:11 NLV

Die mense van Israel het as slawe in Babilon geleef omdat hulle ongehoorsaam aan God was en besluit het om hulle eie ding te doen. Hulle het egter ‘n hoë prys daarvoor betaal. Hulle het hulle huise, werk, vryheid en selfrespek verloor. Het dit met jou gebeur? Dan is hier vir jou goeie nuus. God sê, ‘…Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind… Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer…’ (Jeremia 29:11-14 NLV). Dit beteken dat God steeds ‘n plan vir jou lewe het. As jy Hom ‘heelhartig’ soek, sal Hy dit aan jou openbaar. Jy vra, ‘Hoe weet jy dat God steeds ‘n plan vir my lewe het?’ Omdat jy nog steeds asemhaal! Hy het ‘n plan vir elke liewe persoon wat Hy nog ooit geskep het, en hierdie plan verval nooit nie. God se planne het nie vervaldatums soos die melk wat jy in die winkel koop nie. Selfs as jy afgedwaal het en sy plan jare lank gemis het, kan daardie plan weer in effek kom die oomblik wat jy jou lewe aan Hom gee en in lyn met Sy wil kom. Die plan mag dalk nou bietjie anders lyk as twintig jaar terug toe jy eintlik aandag daaraan moes gee, maar dit keer God nie. Hy kan Sy plan aanpas om by enige lewe wat al ooit geleef is in te pas, insluitend joune.

Sielskos: Pred 11:7-12:1; Ps 39:4-13; Jak 4:14