Vertrou God vir ‘n deurbraak

2026-01-11
1 Kronieke 14:11 NLV

Die Bybel sê: “Die Filistyne het aangekom in die Refaimdal en dit geplunder. Dawid het God gevra: ‘Moet ek uitgaan en teen die Filistyne gaan veg? Sal U hulle aan my oorgee?’ Die Here het geantwoord: ‘Ja, gaan voort! Ek gee jou die oorwinning.’ Dawid en sy soldate het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. ‘God het dit gedoen!’ het Dawid uitgeroep. ‘Hy het my gebruik om soos ‘n watervloed deur my vyande te bars…'” (verse 9-11 NLV).

Let op hoe Dawid God se krag soos ‘n watervloed wat deurbars vergelyk het. Hy sê dat wanneer God opdaag en sy krag loslaat, sal dit soos ‘n vloed van sy goedheid, sy krag, sy guns, sy genesing, sy wysheid, sy hulpbronne en alles jy nog nodig het, wees. Dink aan hoe kragtig water is: Net ‘n paar sentimeter water kan ‘n groot kar wat duisende kilogramme weeg, oplig en rondstoot. Ons sien op die nuus hoe geboue en huise deur waterstrome meegesleur word. Niks kan dit keer nie. Niks word toegelaat om in die pad te staan nie.

Dis wat gebeur wanneer God jou ‘n deurbraak gee en ‘n vloed van guns namens jou loslaat. God het nie verander nie. Sy krag het nie verminder nie. ‘Ag Here, U het die hemel en die aarde deur u groot mag en krag gemaak. Niks is vir U te moelik om te doen nie!’ (Jeremia 32:17 NLV). God is in staat om namens jou te beweeg. Hy is ook gewillig om dit te doen – vra Hom dus vir ‘n deurbraak.

Sielskos: Gal 5:22-23; Neh 8:10; Heb 12:1-2; Jak 1:2-3