Groepsleiding
2025-03-03Handelinge 13:2 NLV
‘n Groep gelowiges het gereeld bymekaar gekom en baie tyd daaraan bestee om te bid, te vas en God te aanbid. Gevolglik het die Heilige Gees gesê: ‘…Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’ Hoe het hulle geweet dat die Heilige Gees dit vir hulle gesê het? Die Skrifgedeelte maak nie melding daarvan nie. Dit mag dalk ‘n dramatiese oomblik gewees het. Dit mag dalk wees dat hulle eers later, toe hulle daarop teruggekyk het, besef het dat die Gees hulle gelei het. Wat egter seker is, is dat hulle saam leiding van God ontvang het.
Wanneer dit by leiding kom, loop ons soms as gevolg van beperkte denke die hele reeks opsies wat God voor ons plaas mis. ‘n Christelike skrywer verduidelik: “Ons vra dinge soos: ‘Moet ek hierdie verhouding beëindig of nie?’ in plaas van: ‘Hoe kan ek hierdie verhouding beter maak?’ Of ‘Moet ek dit koop of nie?’ in plaas van ‘Wat is die beste manier waarmee ek hierdie geld kan gebruik?’ Ons is geneig om aan bevestigingsvooroordeel te ly. Ons soek na inligting wat dit wat ons reeds wil hê bevestig, eerder as om na die waarheid te soek. Ons gee voor asof ons die waarheid wil hê, maar wat ons werklik wil hê, is gerusstelling oor die standpunte wat ons reeds ingeneem het.”
Jesaja het vir die mense gesê: “Hulle sê vir die sieners: ‘Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!’ En vir die profete sê hulle: ‘Ons wil nie die waarheid hoor nie! Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur. Vertel vir ons leuens!'” (Jesaja 30:10 NLV). Wanneer jy leiding soek, moet jy dus eerlik, oop en gewillig wees.
Sielskos: Eks 25-27; Luk 13:18-35; Ps 136; Spr 6:30-35