Ontdek dit wat jou spesiaal maak
2025-02-26Romeine 12:6 NLV
‘n Fassinerende studie is oor uiteenlopende denke – mense wat buite die boks dink – gedoen. Die resultate? Agt-en-negentig persent van kinders tussen die ouderdom van drie en vyf jaar oud het in die genie kategorie van uiteenlopende denke geval. Tussen agt en tien het daardie getal tot 32 persent geval. Teen die tyd wat hulle tieners word, val daardie getal tot 10 persent. Net twee persent van diegene oor die ouderdom van 25 jaar het in die genie kategorie vir uiteenlopende denke geval. Dit beteken hoe ouer mens word, hoe groter word jou geneigdheid om verandering teen te staan. Dit beteken ook dat jy dalk nie jou Godgegewe opdrag mag ontdek of die vaardighede ontwikkel om dit te vervul nie.
Die Bybel sĂȘ: ‘Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het… Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…’ (Romeine 12:4, 6 NLV). God se plan vir jou lewe sluit in dat jy uitvind wat jou anders maak en dat jy die dinge wat jy goed doen, moet ontdek.
Te veel individue in te veel kerke lyk en tree dieselfde op. As daar egter een plek is wat diversiteit moet vier, is dit die kerk. Daar was nog nooit en daar sal ook nooit weer ‘n persoon soos jy wees nie. Dit beteken dat jy moet uitvind wie jy is, en wie jy nie is nie. Dink daaroor: Sal jy nie eerder geminag word vir wie jy is as wat mense van jou hou vir wie jy nie is nie? Indien dit die geval is, moet jy ontdek wat jou spesiaal maak.
Sielskos: Eks 13-15; Luk 12:22-34; Ps 66:1-12; Spr 6:20-22