Leer om na jou huweliksmaat te luister
2024-06-06Genesis 2:18 NLV
God het jou huweliksmaat ontwerp om aan jou fisiese, emosionele en ja, selfs jou geestelike behoeftes, te voldoen. Adam het perfekte gesondheid gehad, die perfekte werk gehad en in die perfekte omgewing gewoon. Hy het selfs elke dag saam met God gaan stap. Nietemin was hy eensaam en onvolledig. Dus het God gesĂȘ: ‘…Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n metgesel maak…’
God het bedoel dat jou maat jou moet help groei en jou roeping moet help vervul. Daar is ‘n intieme fisiese, emosionele en geestelike band tussen julle. Niemand op aarde sal jou ooit beter as jou Godgegewe maat ken nie. Hy of sy moet jou naaste vriend, berader en vertroueling wees. Dit verg kommunikasie!
Goeie kommunikasie is daarop gebaseer om die regte vrae te vra en versigtig na die antwoorde te luister. Dit beteken dat jy die televisie, jou rekenaar, jou tablet en jou selfoon moet afsit. Dit beteken dat jy moet vra: ‘Hoe gaan dinge vandag met jou?’ en dan lank genoeg moet luister vir versteekte emosies om na die oppervlak te kom. Luister totdat jy jou eggenoot se bekommernisse, gevoelens, vrese, hoop en drome verstaan. Luister akkuraat, sodat jy sy of haar ware behoeftes kan asseseer – behoeftes wat jy die beste toegerus is om aan te voldoen.
Jou vrae openbaar jou vlak van omgee en die antwoorde wat jy kry kan die fondasie vir ‘n lang, gelukkige huwelik word. Dis presies wat God in gedagte gehad het toe Hy gesĂȘ het: ‘Dit verklaar waarom ‘n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word’ (vers 24 NLV).
Sielskos: Eseg 5-9; Mark 14:12-26; Ps 4; Spr 14:17-20