Die geur van sonde
2022-05-052 Korintiërs 2:15 NLV
Wanneer kos in jou yskas sleg word, weet jy dit die oomblik wanneer jy die deur oopmaak. Jou lewe is ook so. Wanneer daar iets in die binnekant verkeerd is, kan die mense met wie jy in kontak kom dit dikwels agterkom. Jesus het harde woorde vir Petrus gehad: ‘…Gee pad agter My, jou satan!.. Jy dink soos mense dink – nie soos God nie’ (Matteus 16:23 NLV). Wat was Petrus se sonde? Trots. Hy het Jesus openlik bestraf (sien Matteus 16:22).
Daar is sondes van die gees en sondes van die vlees. Petrus se sonde was ‘n sonde van die gees, terwyl Dawid se sonde van die vlees was, wat in egbreuk en moord gemanifesteer het. Later het Dawid geskryf: ‘…Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie…’ (Psalm 19:13-14 NLV).
God wil nie hê dat jy so selfgeabsorbeer en introspektief moet raak tot op die punt waar jy in veroordeling leef nie. Hy wil egter hê dat jy sensitief vir sonde moet wees en dit onmiddellik moet hanteer. Die Skrif gee ons drie maniere om rein in ‘n geestelik-besoedelde wêreld te bly.
1) Lewe in die lig (sien 1 Johannes 1:7). Dit beteken dat jy daartoe strewe om eerlik voor God en mense te wees. 2) Wees verantwoordbaar. Dit beteken dat jy iemand in jou lewe moet hê wat volwasse genoeg is om in jou vertroue geneem te kan word, genadig genoeg is om jou teenstrydighede te verdra en eerlik genoeg is om jou te konfronteer (sien Prediker 4:9). 3) Hanteer jou sonde onmiddellik (sien Psalm 32:3-5). Die oomblik wat jy van sonde bewus word, moet jy dit bely, wat jou dan van die sonde sal suiwer. Dan moet jy opstaan en verder saam met God loop!
Sielskos: Num 4:34-6:27; Matt 5:38-48; Ps 37:1-7; Spr 11:1-2