Die ‘Wat as’ strik

2021-08-31
Prediker 11:4 NLV

Die skrywer Betty Mahalik sê: ‘Ons word deesdae deur boodskappe omring wat skree: ‘My lewe sou perfek gewees het as ek net ‘n ander werk… kar… huis… neus… eggenoot… bankrekening (jy kan die spasie invul), gehad het. Of as ek soos een of ander beroemde wie se lewe goed georden en perfek is, was. Wel, hierdie week het ek opgehou om die ‘my lewe sou perfek wees as,’ speletjie te speel en het begin om die ‘my perfekte lewe’ speletjie te speel. Wat is die verskil?

Drie dinge: 1) Om in die hede teenwoordig te wees; 2) ‘n Houding van dankbaarheid; 3) Om aksie te neem met dit wat nou beskikbaar is.

Wanneer ons in die ‘my lewe sou perfek wees as’ strik trap, raak ons uit voeling met die hede en kan ons nie meer dankbaarheid uitoefen nie. Kyk rondom jou: Het jy ‘n dak oor jou kop en kos om te eet? ‘n Paar goeie vriende en naby verhoudings? Waardeer hulle dan.

Jy dink seker: ‘Ja, maar ek wil meer geld, ‘n beter verhouding, hê; ek wil maerder, gelukkiger of wat ook al wees.’ Hou op om op dit wat jy nie het nie te fokus en begin op dit wat jy wel het, te fokus.’ Die Bybel sê: ‘As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie. En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.’

Die feit dat ons God se handewerk is (sien Efesiërs 2:10), beteken dat alhoewel ons beste altyd prysenswaardig is, geeneen van ons perfeksie op aarde sal kan behaal nie. Dis egter in die haak, want Christus het ons in sy regverdigheid geklee en ons ‘…het die volheid in Hom…’ (Kolossense 2:10 AFR53).

Sielskos: Eseg 14:1-16:52; Luk 19:1-10; Ps 103:1-12; Spr 19:12-16