Gebruik die glimlag-strategie

2021-08-30
Job 29:24 NLV

‘n Pastoor het vir twaalf jaar by ‘n kerk gedien. Hy het die gewoonte gedurende die oggenddiens op ‘n Sondag gehad om die kinders net voor sy preek vorentoe te roep, sodat hulle na hul eie spesiale kinderkerk kon gaan. Die kinders sou verby die preekstoel loop en hy sou ‘n punt maak om vir elkeen van hulle te glimlag en het glimlagte in ruil daarvoor teruggekry. ‘Dit was een van die hoogtepunte van die diens vir my’ het hy onthou.

Een dag het hy blykbaar egter een kind in die skare gemis en nie vir haar geglimlag nie. Die vierjarige krulkoppie het gehardloop en haarself huilend in haar ma se arms gegooi, terwyl sy gesnik het asof haar hart breek. Na die diens het die pastoor gaan uitvind wat gebeur het. Die ma het verduidelik dat haar kind gesê het: ‘Ek het vir God geglimlag, maar hy het nie terug geglimlag nie!’ Die pastoor het daaroor nagedink: ‘Vir daardie kind het ek God verteenwoordig. Ek het met my glimlag misluk en die wêreld het donker geword.’

Soos jy deur hierdie dag beweeg, wy jouself daaraan toe om die glimlag-strategie te gebruik. Jy sê: ‘Ek het meer probleme as Job, so ek het niks om oor te glimlag nie.’ Job het meer moeilikheid in ‘n jaar as wat die meeste van ons in ‘n leeftyd sal hê, gehad. Alhoewel hy egter af was, het hy ander mense opgehef. Alhoewel hy wanhopig was, het hy ander mense aangemoedig. Hoe het hy dit gedoen? ‘Hulle het gewag vir my om te praat, soos ‘n mens wag op reën… Wanneer hulle moedeloos was, het ek hulle met ‘n glimlag bemoedig. Wanneer ek met goedkeuring na hulle kyk, was dit vir hulle kosbaar’ (verse 23-24 NLV).

Sielskos: Eseg 10-13; Luk 18:31-43; Ps 84; Spr 19:11