Sorg vir mekaar

2021-06-30
Prediker 9:9 NLV

Daar is ‘n verhaal van ‘n vrou wat haar man na die dokter toe vergesel het. Na sy ondersoek, het die dokter haar alleen na sy spreekkamer toe geroep en gesê: ‘Jou man ly aan ‘n vreeslike siekte en tensy jy nie hierdie dinge doen nie, sal hy sterf. Maak elke oggend vir hom ‘n gesonde ontbyt, middagete en spesiale aandete. Wees aangenaam deur die dag en maak seker dat hy in ‘n goeie bui is. Moenie hom met huishoudelike take belas nie. Moet ook nie jou probleme met hom bespreek nie. Met ander woorde, probeer aan al sy behoeftes, nukke en grille voldoen. As jy dit vir tien maande lank doen, dink ek hy sal volkome herstel.’ Op pad huis toe het haar man vir haar gevra: ‘So, wat het die dokter gesê?’ Sy het hom vierkantig in die oë gekyk en geantwoord: ‘Hy sê jy gaan doodgaan!’

Op ‘n ernstiger noot, wanneer jy aan die einde van jou lewe kom, is die twee vrae wat die meeste sal saak maak as volg: 1) Het jy God se wil ontdek en jou bes gedoen om dit te vervul? 2) Was jy lief vir jou eggenoot en jou familie en het jy hulle die tyd en aandag wat hulle verdien het, gegee? Salomo skryf: ‘In sulke omstandighede moet jy jou kos met vreugde geniet en jou wyn met blydskap drink. God het dit lank gelede al so bepaal. Dra die regte klere om te wys hoe gelukkig en bly jy is… Geniet die lewe met die vrou vir wie jy lief is. Geniet haar elke dag in die sinlose lewe wat jou gegun is. Sy sal jou troos wees in hierdie sinlose wêreld waarin jy jou dag en nag moet afsloof’ (verse 7-9 DB).

Die woord vir jou vandag is dus – sorg vir mekaar.

Sielskos: Jer 28-30; Luk 3:21-38; Ps 95; Spr 14:29-33