Leer om te wag

2021-03-10
Galasiƫrs 6:9 NLV

Daar is nie so ‘n ding soos onmiddellike sukses nie, nie as dit by mense of probleme kom nie. Of jy nou tien kilogram of eenhonderd kilogram moet verloor, die gewig kan net een kilogram op ‘n slag afgeskud word. Dis opwindend om op die kruin van die berg te staan, maar jy kan net met een tree op ‘n slag daar kom. Niks groots vind onmiddellik plaas nie; amper alle betekenisvolle sukses in die lewe vind eers na ‘n lang, moeilike wagtydperk plaas. Totdat jy hierdie waarheid aanvaar, sal jy te gou tou opgooi of met minder as die sukses wat God vir jou in gedagte het, tevrede wees.

Jell-O het in 1997 sy eenhonderdste herdenking gevier, maar as die uitvinder daarvan nog gelewe het, sou hy heel waarskynlik min troos in sy produk se sukses gevind het. In 1897 het Pearl Wait baie hoede gedra. Hy was ‘n konstruksiewerker wat ook met patent medisyne geĆ«ksperimenteer het wat hy deur tot deur verkoop het. Tydens sy eksperimente het hy met die idee vorendag gekom om vrugtegeursel met gegranuleerde gelatien te meng. Sy vrou het dit Jell-O gedoop en Wait het nog ‘n produk gehad om mee te smous. Ongelukkig was die aanvanklike verkope van sy wriemelrige happie nie so goed soos hy gehoop het nie, dus het hy die regte van sy Jell-O uitvindsel vir ‘n skamele $450 aan Orator Woodward verkoop.

Woodward was ‘n slim besigheidsman. Hy het die waarde van bemarking geken en binne agt jaar het hy die $450 belegging in ‘n miljoen dollar besigheid omskep. Vandag verdien nie een van Pearl Wait se nasate ‘n sent van die meer as een miljoen boksies Jell-O wat elke dag verkoop word nie. Hoekom nie? Omdat Wait nie kon wag nie!

Sielskos: Gen 50; Haggai 1-2; Matt 22:1-14; Ps 27; Spr 7:10-20