Lei leiers op wat ander kan oplei (1)
2020-12-032 Timoteus 2:2 NLV
Die meeste kerkleiers sal saamstem dat mense hulle grootste hulpbron is. Die vraag is dus: Hoekom bestee ons nie meer tyd daaraan om nuwe leiers op te lei nie? Een pastoor maan dat indien ons dit nie doen nie: ‘Beperk ons die langtermyn groei en effektiwiteit van ons organisasies. Paulus het hierdie waarheid ingestel en die geskiedenis verander. Hy het leiers rondom hom opgelei en hulle geleer hoe om dieselfde te doen. Hy het vir sy protégé, Timoteus, gesê: ‘…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.’ Dis die kern van goeie leierskap.’
Wanneer jy die tyd neem om sorgsame leiers te ontwikkel, leer hulle om daardie selfde vlak van sorg aan die mense wie hulle bedien, oor te dra. Daar is gevestigde beginsels wat van toepassing op leiers in enige organisasie is – en die kerk is nie ‘n uitsondering nie.
Jon Gordon sê byvoorbeeld: ‘Goeie kliëntediens begin deur eerste op die werknemer en tweedens op die kliënt gefokus te wees. Organisasies fokus te dikwels al hulle energie op die kliënt, terwyl hulle die mense wat bedien, ignoreer. Dit mag dalk in die korttermyn werk, maar uiteindelik word werknemers moeg, uitgebrand, negatief en wrokkig. Organisasies wat die beste diens lewer, het ‘n kultuur waar werknemers gewaardeer en versorg voel en waar hulle voel dat daar na hulle geluister word. As jy wil hê dat jou span moet dien, moet jy hulle dien. As jy wil hê dat jou mense moet omgee, moet jy vir hulle omgee. As jy wil hê dat jou span lief moet wees vir hulle werk, moet jy vir hulle lief wees. As jy wil hê dat jou werknemers hulle beste moet gee, moet jy jou beste vir hulle gee.’
Is jy dus besig om mense op te lei wat ander kan oplei?
Sielskos: Jos 5:1-8:29; Joh 16:1-11; Ps 130; Spr 28:21-24