Staar die dood sonder vrees in die gesig (1)

2020-12-01
Psalm 16:11 NLV

As jy twintig mense vra om die hemel te beskryf, is die kans goed dat jy twintig verskillende antwoorde sal kry. Daar is egter een ding wat vasstaan: dit is verreweg die beste om persoonlik by Christus te wees (sien Filippense 1:23), beter as enigiets wat ons onsself kan indink.

Billy Graham se dogter, Anne, het aan ‘n gesprek wat sy met haar ma gehad het, voor haar ma na die hemel toe vertrek het, gedink: ‘Ek het haar van my onlangse besoek aan Westminster Abdy vertel, waar konings en koninginne gekroon word. Die deur wat toeriste moet gebruik om die katedraal binne te gaan, is ‘n donker, beknopte spasie. Oorkant hierdie deur is daar ‘n ander deur wat na die manjifieke, glorieryke, massiewe heiligdom van die Westminster Abdy lei. Die skemer portaal is net ‘n plek om jou kaartjie en gidsboek te koop voordat jy die oorgang na die katedraal maak.

Ek kan my nie indink dat enigiemand met ‘n kaartjie tevrede sal wees om in die ingangsportaal te bly nie. Ons koop ons kaartjie hemel toe wanneer ons deur geloof in Jesus weergebore word. Ons raak vertroud met die ‘gidsboek’ na die hemel toe – die Bybel. My ma het op 14 Junie, 2007, die ingangsportaal verlaat en die heiligdom binnegegaan. Ten spyte van my seer hart, weet ek egter dat die hele doel van haar bestaan – en ons s’n – is om die oorgang na die hemel toe te maak.

Die psalmdigter het gesĂȘ: ‘…in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.’ Eendag sal ek ook verhuis, om vir ewig in die heiligdom te lewe. Intussen wil ek ander mense ‘n kykie op ons Vader se huis gee, sodat hulle ook met hoop kan uitsien om daarheen te gaan.’

Sielskos: 3 Joh; Judas; Joh 15:5-17; Ps 14; Spr 28:13- 16