Mites oor kinders grootmaak (2)

2020-11-05
Deuteronomium 4:9 NLV

In sy boek, Why Johnny Can’t Tell Right from Wrong, identifiseer William Kilpatrick nog twee mites oor kinders grootmaak waarvoor ouers val: 1) Die mite dat alle morele probleme sielkundig van aard is. Gedragsprobleme word deur hierdie uitkyk as kwessies gesien wat met selfbeeld of sielkundige behoeftes te make het. Die outydse idee dat gedragsprobleme by kinders die resultaat van hardkoppigheid kan wees, kom nie by die gemiddelde kundige op nie. As jy na die indeks van die tipiese boek oor ouerskap kyk, sal jy sien dat baie bladsye aan selfbeeld toegewy word, maar jy sal nie sommer die woord ‘karakter’ daar vind nie.

2) Die mite dat ouers nie die reg het om waardes by hulle kinders in te boesem nie. Weer eens, is die standaard dogma dat kinders hulle eie waardes moet skep. Kinders het egter baie min kans om dit te doen, omdat die res van die samelewing nie huiwer om hulle waardes op hulle af te dwing nie. Maak dit dus sin vir ouers om neutrale omstanders te wees terwyl almal anders, van draaiboekskrywers tot kunstenaars, adverteerders en seksvoorligters, daarop aandring om hulle waardes aan ons kinders te verkoop?

God het vir sy volk die volgende gesĂȘ: ‘Maar pas op! Wees baie versigtig om nooit te vergeet wat julle gesien het wat die Here vir julle gedoen het nie. Solank as wat julle leef, moet julle hierdie dinge onthou. Maak seker dat julle dit vir julle kinders en kleinkinders oorvertel.’

Ouer, wanneer dit daarby kom om geestelike waardes by jou kinders in te boesem, moet jy jouself die volgende afvra: Indien nie jy nie, wie dan? Indien nie nou nie, wanneer dan?

Sielskos: 1 Joh 3:11-5:21; Joh 8:31-41; Ps 30; Spr 25:13-17