Genesing vir ‘n geliefde

2026-03-01
Jakobus 5:16 NLV

As gevolg van die verbintenis met ons geliefdes, kry ons seer wanneer hulle seerkry. Een van die belangrikste dinge wat ons kan doen, is om in gebed vir diegene wat genesing nodig het, in te tree. God kan ons as ‘n agent van genesing gebruik: ‘Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ‘n kragtige werking.’ Ons sien hierdie beginsel dwarsdeur die Bybel.

‘n Romeinse offisier het Jesus gevra om sy slaaf te genees en Christus het hom nie teleurgestel nie (sien Matteus 8:5-7). Vier mense het die dak van ‘n huis oopgebreek om hul siek vriend in Jesus se teenwoordigheid te kry, sodat hy van verlamming genees kon word. Jesus het vir hom gesê: ‘Staan op, tel jou bed op en loop’ (sien Markus 2:1-11). ‘n Besorgde pa het na Jesus gegaan toe sy dogter op die randjie van die dood was. Terwyl Jesus nog op pad was na sy huis, het sy dogtertjie gesterf. Jesus het na haar bed toe gestap en gesê: ‘…’Dogtertjie, staan op!’ Onmiddellik het die dogtertjie op haar voete gekom en begin rondstap – sy was immers al twaalf jaar oud. Haar ouers was absoluut in ekstase’ (Markus 5:41-42 NLV).

Een van die laaste beloftes wat Jesus vir ons gegee het voordat Hy opgevaar het hemel toe, was die volgende: ‘Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo… Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word’ (Markus 16:17-18 NLV). Bely die volgende: ‘As ‘n gelowige in Christus, het ek die gesag om te bid, om hande op die siekes te lê en te sien hoe hulle genees word, want die Gees van God woon in my.’

Sielskos: Gal 5:22-23; 1 Kor 10:13; 2 Tim 1:7; Jak 1:19-20

Healing for someone you love


James 5:16 AMPC

Because of the connection we have with those we love, when they hurt, we hurt. One of the greatest things we can do is intercede in prayer for those who need healing. God can use us as an agent of healing: “Pray [also] for one another, that you may be healed and restored [to a spiritual tone of mind and heart]. The earnest (heartfelt, continued) prayer of a righteous man makes tremendous power available [dynamic in its working]” (AMPC). We see this principle throughout the Bible.

A Roman centurion went to Jesus for the healing of his servant, and Christ did not disappoint him (see Matthew 8:5-7). Four people tore the roof off a house to get their sick friend into the presence of Jesus so he could be healed of palsy. And Jesus said to him, “Arise, take up your bed and walk” (see Mark 2:1-11). A concerned father went to Jesus when his daughter was at the point of death. Because Jesus was delayed, the little girl died anyway. Jesus walked to her bedside and said: “‘Little girl, I say to you, arise.’ Immediately the girl arose and walked… And they were overcome with great amazement” (Mark 5:41-42 NKJV).

One of the last promises Jesus gave us before leaving this earth was: “These signs will follow those who believe: In My name they will… lay hands on the sick, and they will recover” (Mark 16:17-18 NKJV). Confession: “As a believer in Christ, I have the authority to pray, to lay hands on the sick, and see them recover because the Spirit of God lives in me.”

Soul food: Gal 5:22-23; 1 Cor 10:13; 2 Tim 1:7;
Jam 1:19-20