Vertrou God vir ‘n deurbraak

2026-01-11
1 Kronieke 14:11 NLV

Die Bybel sê: “Die Filistyne het aangekom in die Refaimdal en dit geplunder. Dawid het God gevra: ‘Moet ek uitgaan en teen die Filistyne gaan veg? Sal U hulle aan my oorgee?’ Die Here het geantwoord: ‘Ja, gaan voort! Ek gee jou die oorwinning.’ Dawid en sy soldate het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. ‘God het dit gedoen!’ het Dawid uitgeroep. ‘Hy het my gebruik om soos ‘n watervloed deur my vyande te bars…'” (verse 9-11 NLV).

Let op hoe Dawid God se krag soos ‘n watervloed wat deurbars vergelyk het. Hy sê dat wanneer God opdaag en sy krag loslaat, sal dit soos ‘n vloed van sy goedheid, sy krag, sy guns, sy genesing, sy wysheid, sy hulpbronne en alles jy nog nodig het, wees. Dink aan hoe kragtig water is: Net ‘n paar sentimeter water kan ‘n groot kar wat duisende kilogramme weeg, oplig en rondstoot. Ons sien op die nuus hoe geboue en huise deur waterstrome meegesleur word. Niks kan dit keer nie. Niks word toegelaat om in die pad te staan nie.

Dis wat gebeur wanneer God jou ‘n deurbraak gee en ‘n vloed van guns namens jou loslaat. God het nie verander nie. Sy krag het nie verminder nie. ‘Ag Here, U het die hemel en die aarde deur u groot mag en krag gemaak. Niks is vir U te moelik om te doen nie!’ (Jeremia 32:17 NLV). God is in staat om namens jou te beweeg. Hy is ook gewillig om dit te doen – vra Hom dus vir ‘n deurbraak.

Sielskos: Gal 5:22-23; Neh 8:10; Heb 12:1-2; Jak 1:2-3

Believe God for a breakthrough


1 Chronicles 14:11 NKJV

The Bible says: “The Philistines went and made a raid on the Valley of Rephaim. And David inquired of God, saying, ‘Shall I go up against the Philistines? Will You deliver them into my hand?’ The Lord said to him, ‘Go up, for I will deliver them into your hand.’ So they went up to Baal Perazim, and David defeated them there. Then David said, ‘God has broken through my enemies by my hand like a breakthrough of water'” (vv. 9-11 NKJV).

Notice how David likened God’s power to the bursting forth of waters. He is saying that when God shows up and releases His power, it will be like a flood of His goodness, His power, His favour, His healing, His wisdom, His resources, and whatever else you need. Think about how powerful water is: Only a few feet of water can lift a huge car weighing thousands of pounds and push it all around. On the news we have seen entire houses and buildings carried downstream in torrents of water. Nothing can stop it. Nothing is allowed to stand in its way.

And that’s what happens when God gives you a breakthrough and releases a flood of His power on your behalf. And God has not changed. His power has not diminished. “Ah, Lord God! Behold, You have made the heavens and the earth by Your great power and outstretched arm. There is nothing too hard for You” (Jeremiah 32:17 NKJV). God is able to move on your behalf. And He is willing – so ask Him for a breakthrough.

Soul food: Gal 5:22-23; Neh 8:10; Heb 12:1-2; Jam 1:2-3

Demonstreer jou geloof

2026-01-10
Markus 2:5, 11 NLV

Die Bybel sê: “…Jesus was besig om die Goeie Nuus aan hulle te vertel. Daar daag toe vier mans by Hom op wat ‘n verlamde persoon op ‘n mat dra. As gevolg van die baie mense kon hulle hom nie tot by Jesus bring nie. Daarom het hulle ‘n gat deur die dak bokant Jesus se kop gemaak. Toe laat hulle die mat waarop die sieke gelê het, deur die dak sak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man… ‘Ek beveel jou, staan op, vat jou mat en gaan gesond na jou huis toe!’ Net daar het die man opgespring, sy mat geneem en voor almal se oë buitetoe gegaan. Hulle was almal verstom en het God geprys en uitgeroep: ‘So iets het ons nog nooit van tevore gesien nie!'” (verse 2-5, 11-12 NLV).

Let die woorde: ‘Toe Jesus hulle geloof sien,’ op. Het jy geloof wat God kan sien? Wat doen jy om vir God te wys dat jy Hom werklik glo en Hom op sy Woord neem? Dis belangrik om te bid en te glo, maar jy moet ook iets doen om jou geloof te demonstreer.

Wanneer jy soms jou grootste struikelblokke of teenstand in die gesig staar, is jy die naaste om jou oorwinning te behaal. Baie mense gee te maklik op. Jy sê: ‘Ek het probeer, maar niks wat ek gedoen het, het gewerk nie.’ Jy moet meer vasberade as dit wees. As jy nie deur die skare kan kom nie, klim boontoe en kom deur die dak af. Wees meedoënloos. Dis wat hierdie mans gedoen het en Jesus het hulle met ‘n wonderwerk beloon. Wanneer jy bereid is om ‘n vasberade geloof te demonstreer, kan Jesus dieselfde vir jou doen.

Sielskos: Lev 18-20; Luk 2:8-20; Ps 71:1-16; Spr 2:1-2

Demonstrate your faith


Mark 2:5, 11 NLT

The Bible says: “While he was preaching… four men arrived carrying a paralyzed man on a mat. They couldn’t bring him to Jesus because of the crowd, so they dug a hole through the roof… Then they lowered the man on his mat, right down in front of Jesus. Seeing their faith, Jesus said to the paralyzed man… ‘Stand up, pick up your mat, and go home!’ And the man jumped up, grabbed his mat, and walked out through the stunned onlookers. They were all amazed and praised God, exclaiming, ‘We’ve never seen anything like this before!'” (vv. 2-5, 11-12 NLT).

Notice the words “when Jesus saw their faith” (NKJV). Do you have faith God can see? What are you doing to show God, you truly believe Him and are taking Him at His Word? It’s important to pray and believe, but you must also do something to demonstrate your faith. For the four men who carried their sick friend to Jesus, demonstrating their faith meant refusing to let the crowd get in their way, or the roof stop them from getting to Jesus.

Sometimes you are closest to your victory when you face your greatest obstacles or opposition. A lot of people give up too easily. You say, “I’ve tried, but nothing I have done has worked.” You must be more determined than that. If you can’t get through the crowd, climb up and come down through the roof. Be relentless. That’s what these men did, and Jesus rewarded them with a miracle. And when you are willing to demonstrate a determined faith, He can do the same for you too.

Soul food: Lev 18-20; Luke 2:8-20; Ps 71:1-16; Prov 2:1-2

Eendag sal jy ten volle verstaan

2026-01-09
1 Korintiërs 13:12 NLV

Corrie ten Boom het die wêreld deurreis en haar ervarings gedeel. Wanneer sy met ‘n gehoor gepraat het, het sy dikwels afgekyk terwyl sy haar praatjie gelewer het. Dit het gelyk of sy haar notas raadpleeg, maar sy was eintlik besig om ‘n ontwerp te borduur. Wanneer sy haar verhaal oor die gruweldade wat sy onder die Nazi’s gely het, klaar vertel het, het sy die borduurwerk onthul waaraan sy gewerk het terwyl sy gepraat het.

Sy het eers die agterkant gewys, wat net ‘n warboel van gekleurde drade sonder ‘n duidelike patroon was. Dan het sy gesê: ‘Dis hoe ons ons lewens sien. Soms maak dit geen sin nie.’ Dan het sy die borduurwerk omgedraai om die voltooide kant te onthul en gesê: ‘Dis hoe God jou lewe sien, en eendag sal ons die voorreg hê om dit vanuit sy oogpunt te sien.’

Sy het haar praatjie dan afgesluit met hierdie gedig wat deur Grant Colfax Tullar, ‘n predikant, geskryf is: ‘My life is but a weaving between my Lord and me; I cannot choose the colours, He worketh steadily. Oft times He weaveth sorrow and I, in foolish pride, forget He sees the upper, and I the underside. Not till the loom is silent and the shuttles cease to fly, will God unroll the canvas and explain the reason why. The dark threads are as needful in the Weaver’s skillful hand, as the threads of gold and silver in the pattern He has planned.’

Paulus skryf: ‘Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder duidelik wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.’

Sielskos: Lev 15-17; Luk 2:1-7; Ps 46; Spr 1:32-33