Speak “life” (2)

2025-11-15
Joel 3:10 NKJV

Notice that the Bible doesn’t say, “Let the weak call their friends and discuss their weaknesses.” Or, “Let the weak talk about their weaknesses.” Or “Let the weak whine about their weaknesses.” No, it basically says, “Let the weak say the opposite of how they feel.”

So instead of talking about the way you are, talk about the way you desire to be. Talk about what God’s Word says you can be, have, and experience. If you get up each morning feeling exhausted and beat down, instead of groaning about it, you need to declare, “I am strong in the Lord. This is the day that the Lord has made, I will rejoice and be glad in it” (See Psalm 118:24).

When you do that, you will not only alter how you feel but also your attitude. You won’t step into the day with a tired, defeated, victim mentality. You will go out with a winning mentality, with a bounce in your step, with a grin on your face, and with your shoulders squared. When God’s Word becomes your word, it will lift your spirit and help you see yourself and your situations a whole new way.

Jesus said, “Whoever says to this mountain, ‘Be removed and be cast into the sea,’ and does not doubt in his heart, but believes that those things he says will be done, he will have whatever he says” (Mark 11:23 NKJV). Note the words “he will have whatever he says.” So, each day look in the mirror and say, “Good morning you blessed, strong, secure, confident, highly favoured child of God.” In other words, speak “life.”

Soul food: 2 Chr 16-18; John 11:38-57; Ps 81; Prov 27:1-3

Spreek ‘lewe’ (2)


Joël 3:10 NLV

Die Bybel sê nie: ‘Laat die swakkelinge hul vriende bel en hulle swakhede bespreek’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede praat’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede kla’ nie. Nee, dit sê basies: ‘Laat die swakkelinge die teenoorgestelde sê as wat hulle voel.’

In plaas daarvan om dus oor die manier wat jy is te praat, moet jy oor die manier wat jy graag wil wees, praat. Praat oor dit wat God se Woord sê jy kan wees, hê en ervaar. As jy elke oggend moeg en uitgeput opstaan, moet jy in plaas daarvan om daaroor te kerm, verklaar: ‘Ek is sterk in die Here. Dit is die dag wat die Here gemaak het, ek sal daaroor juig en bly wees’ (sien Psalm 118:24).

Wanneer jy dit doen, sal jy nie net hoe jy voel verander nie, jy sal ook jou houding verander. Jy sal nie die dag met ‘n moeë, oorwonne, slagoffermentaliteit begin nie. Jy sal ‘n oorwinnaarshouding hê, met ‘n wip in jou stap, ‘n glimlag op jou gesig en jou skouers vierkantig agtertoe. Wanneer God se Woord jou woorde word, sal dit jou gees ophef en jou help om jouself en jou situasies op ‘n heeltemal nuwe manier te sien.

Jesus het gesê: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV). Sê dus elke dag in die spieël vir jouself: ‘Goeiemôre, jou geseënde, sterk, veilige, selfversekerde, hoogs begunstigde kind van God.’ Met ander woorde, spreek ‘lewe.’

Sielskos: 2 Kro 16-18; Joh 11:38-57; Ps 81; Spr 27:1-3

Spreek ‘lewe’ (1)

2025-11-14
Spreuke 18:21 NLV

Maak seker dat jou woorde met God se Woord ooreenstem en proklameer dit oor jou lewe. Wat sê jy oor jou toekoms? Jou familie? Jou finansies? Jou gesondheid? Wanneer dit wat jy sê in lyn is met dit wat God sê, gee jy lewe aan jou geloof. Begin dus om te sê: ‘Ek kan alles deur Christus doen. Ek is geseënd. Ek is sterk. Ek is gesond.’ Wanneer jy so praat, spreek jy seën oor jou lewe uit.

In plaas daarvan om te kla en te sê: ‘Wel, wat het ek verwag? Ek wen nooit,’ moet jy eerder verklaar: ‘Ek besef dat wanneer een deur toegaan, God ‘n ander deur oopmaak. Wat veronderstel was om my kwaad aan te doen, sal God ten goede gebruik (sien Genesis 50:20). Ek sal beter hieruit kom as wat ek voorheen was’ (sien Romeine 8:28).

Wat jy oor jouself sê, is belangriker as wat enigiemand anders oor jou sê. Die woorde wat uit jou mond uit gaan, gaan direk in jou ore in en skep uiteindelik dieselfde beeld aan die binnekant. Begin dus God se Woord oor jou situasie spreek. Met ander woorde, spreek ‘lewe.’

Sielskos: 2 Kro 12-15; Joh 11:28-37; Ps 50; Spr 26:27-28

Speak “life” (1)


Proverbs 18:21 NKJV

Make sure your words agree with God’s Word and then proclaim it over your life. What are you speaking about your future? Your family? Your finances? Your health? When what you say lines up with what God says, you give life to your faith. So, start saying, “I can do all things through Christ. I am blessed. I am strong. I am healthy.” When you talk that way, you have just blessed your life. This is not some glib, mind-over-matter philosophy, it is Bible truth!

Instead of complaining and saying, “Well, what did I expect? I never win,” your declaration should be, “I realize that when one door closes, God opens another. And what was meant for my harm, God will use for my good (See Genesis 50:20). I will come out of this better off than I was before” (See Romans 8:28).

What you say about yourself is more important than what anybody else says. The words that go out of your mouth come right back into your own ears, and eventually they create the same image on the inside. So, begin to speak God’s Word over your situation. In other words, speak “life.”

Soul food: 2 Chr 12-15; John 11:28-37; Ps 50; Prov 26:27-28

Die oorwinnende gees

2025-11-13
2 Korintiërs 4:8 NLV

Die Brooklyn-brug, wat Brooklyn met die eiland Manhattan verbind, is een van die bekendste brûe ter wêreld. Toe dit vir die eerste keer in 1867 bedink is, het brugboukundiges regoor die wêreld vir die ontwerper, ‘n kreatiewe ingenieur met die naam van John Roebling, gesê dat sy idee nie sou werk nie. Roebling het sy seun Washington, wat ook ‘n ingenieur was, oortuig dat sy idee meriete het. Hulle twee het ‘n konsep ontwikkel, die probleme opgelos wat ander voorspel het en entoesiasties ‘n span gehuur om die brug te bou.

Na slegs ‘n paar maande van bou, het ‘n tragiese ongeluk op die terrein John se lewe geneem en ‘n ander voorval het Washington later ernstig beseer, sodat hy nie meer kon praat of loop nie. Almal het gedink dat die projek laat vaar sou word, aangesien die Roeblings die enigstes was wat die dinamika van die brug geken en verstaan het. Washington kon egter nog dink en hy het ‘n brandende begeerte gehad om die voltooide brug te sien.

Terwyl hy in sy hospitaalbed gelê het, het hy ‘n idee gekry. Hy sou met die ingenieurs kommunikeer deur een vinger te gebruik om in kode op sy vrou se arm te tik wat hy wou hê sy vir hulle moes sê. Washington het sy instruksies vir dertien jaar lank op sy vrou se arm getik, totdat die brug voltooi is! Dít is ‘n oorwinnende gees.

Die apostel Paulus beskryf dit as volg: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (verse 8-9 NLV). Hierdie woorde beskryf ‘n oorwinnende gees – die tipe gees wat God ook vir jou kan gee.

Sielskos: 2 Kro 8-11; Joh 11:17-27; Ps 8; Spr 26:23-26