2025-11-18
Kolossense 3:15 NLV
Hoeveel vrede stel jy ten toon? Hoe reageer jy op struikelblokke by jou werkplek? Is jy altyd gespanne en besig om te kla? Is jou lessenaar netjies en georganiseerd, of staan daar stapels papiere orals rond? Wanorde kan geestelik ontstellend wees, stres veroorsaak en jou vrede steel. Wat van jou algehele gedrag? Vererg jy jou altyd oor kollegas se foute? Ontstel die klein dingetjies jou? Besef jy dat dit ‘n baie slegte getuienis is om nie vrede, wat ‘n vrug van die Gees is, uit te straal nie? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV).
Wat van jou daaglikse pendel werk toe? Sit jy in die kar met die doel om ‘n vredevolle atmosfeer te behou, ongeag die omstandighede wat jy op die pad mag teëkom? Wanneer laas het jy vir ‘n slegte of onvriendelike bestuurder gebid? Speel jy kalmerende musiek? Die regte musiek kan ‘n uitstekende bron van vrede wees.
Toe koning Saul deur ‘n bose gees getreiter is, het sy amptenare vir hom gesê: ‘Laat ons iemand kry wat goed op die lier kan speel. Wanneer die bose gees u lastig val, sal die musiek u kalmeer sodat u gou weer beter sal voel’ (1 Samuel 16:16 NLV). Jesus het gesê: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle…’ (Johannes 14:27 NLV). Dit beteken dat waar jy ook al gaan, jy die vrede van God saam met jou kan neem.
Sielskos: 2 Kro 22-24; Joh 12:12-19; Ps 102:1-11; Spr 27:7-9
2025-11-17
Spreuke 16:9 NLV
Wanneer jy na ‘n nuwe huis toe trek, reël jy ‘n datum vir die verhuisingsmaatskappy om te kom, jy skuif jou rekeninge na die nuwe adres toe en jy pak jou besittings in bokse gemerk slaapkamer, kombuis, badkamer, ensovoorts. Beplan soortgelyk vir die volgende fase van jou lewe. Hier is ‘n paar wenke om te volg sodat jy gereed kan wees vir watter deur God ook al oopmaak:
1) Stel ‘n plan vir finansiële onafhanklikheid op. Dit sluit versekering, pensioenfonds en boedelbeplanning in. Jou versekeringspolisse moet ook jou verband dek, vir ingeval jy ongesteld raak en nie meer kan werk nie.
2) Wees buigbaar. Nadat jy die eerste helfte van jou lewensreis gehardloop het, mag jy dalk besluit om van rigting te verander. Wat jy tans wil doen, mag dalk oor twintig jaar verander, of dit mag dalk anders wees as wat jy twintig jaar gelede wou doen. Die wonderlike aspek van die lewe is dat dit nie saak maak hoe oud jy is nie, jy kan altyd weer begin en geleenthede mag dalk in die toekoms ontstaan wat jy nie nou kan voorspel nie.
3) Bly op hoogte van tegnologie, wat ‘n groot deel van die moderne samelewing is. Diegene wat nie die nuutste tegnologie kan of wil gebruik nie, sal moeilik sukses behaal. Benewens tegnologie, is dit ook belangrik dat jy op hoogte van ontwikkelings in sakevaardighede; kommunikasie, onderhandeling en etiket bly. Dit alles is noodsaaklik om in ‘n veranderende wêreld sukses te behaal.
Salomo het geskryf: “‘n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.” Die woord vir jou vandag is dus – berei vir die volgende fase voor.
Sielskos: 2 Kro 19-21; Joh 12:1-11; Ps 76; Spr 27:4-6
Proverbs 16:9 NCV
When you move into a different house, you arrange a date for movers to come; you change the phone, electricity, and cable to your new address; and you place your belongings in boxes marked bedroom, kitchen, and living room, etc. Preparing for the next phase of your life is similar. Here are some tips to follow so you will be ready for whatever doors God opens:
(1) Compose a plan for financial independence. This involves insurance, retirement, and estate planning. Your insurance policies should also cover your mortgage in case you become incapacitated and unable to work.
(2) Always give yourself flexibility. After you have run the first half of the race of life, you may decide to switch direction. What you want to do right now may change twenty years from now, or it may be different from what you wanted to do twenty years ago. The delightful thing about life is that no matter how old you are, you can always begin again, and opportunities may exist in the future that you can’t predict now.
(3) Stay current with technology, a major part of modern society. Those unable or unwilling to utilize the latest technological tools will have a hard time succeeding. In addition to technology, it’s important that you stay up to date with developments in additional business skills; communication, negotiation, and etiquette are all essential to succeeding in a changing world.
Solomon wrote, “People may make plans in their minds, but the Lord decides what they will do.” So, the word for you today is – prepare for the next phase.
Soul food: 2 Chr 19-21; John 12:1-11; Ps 76; Prov 27:4-6
2025-11-16
Isaiah 43:18-19 NCV
It’s time to get back in touch with who you really are and your God-given gifts. This may mean confronting certain things you may dislike about yourself and your present situation. Beginning the process is the most difficult part. One approach to do that is to stop seeing yourself as you or others see you, and instead see yourself as God views you. Your vision for yourself is one of the first things that disappears when life gets hard, when you get stuck in sickness or debt or unhappiness. So, get back in touch with that vision!
And where you see a disconnection between who you are and how you are currently living, drop the blame and self-accusation for getting off track. Once you do, you will start to detect that what’s inside you is now outside as well, showing in your life. Who you are behind closed doors develops into who you are everywhere. Let yourself see yourself as fresh and new, willing to begin again. Start taking one step at a time.
When you see yourself the way God does, you see yourself standing up to say, “I am here and ready to use my gifts to live the life I was intended for!” That puts you in agreement with God who says: “Forget what happened before, and do not think about the past. Look at the new thing I am going to do. It is already happening. Don’t you see it? I will make a road in the desert and rivers in the dry land.”
Soul food: Josh 1; Ps 27:11-14; 2 Cor 5:6-10
Jesaja 43:18-19 NLV
Dis tyd om weer in aanraking met wie jy regtig is en jou Godgegewe gawes te kom. Dit mag beteken dat jy dalk sekere dinge wat jy nie van jouself en jou huidige situasie hou nie, moet konfronteer. Om die proses te begin is die moeilikste deel. Een benadering om dit te doen is om jouself op te hou sien soos ander mense jou sien en jouself te begin sien soos God jou sien. Jou siening van jouself is een van die eerste dinge wat verdwyn wanneer die lewe moeilik raak, wanneer jy in siekte of skuld of ongelukkigheid vasgevang is. Kom dus weer in aanraking met daardie siening!
Wanneer jy ‘n diskonneksie tussen wie jy is en hoe jy tans leef sien, moet jy die blaam en selfbeskuldiging omdat jy die pad byster geraak het, laat vaar. Wanneer jy dit doen, sal jy begin agterkom dat dit wat binne jou is, nou ook buite jou is en in jou lewe begin wys. Neem een tree op ‘n slag.
Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy jouself sien opstaan en sê: ‘Ek is hier en gereed om my gawes te gebruik om die lewe waarvoor ek bestem is, te leef!’ Dit plaas jou in ooreenstemming met God wat sê: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek gaan ‘n pad maak deur die wildernis vir my volk om huis toe te kom. Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!’
Sielskos: Josua 1; Ps 27:11-14; 2 Kor 5:6-10