How to get off the treadmill

2025-11-25
Psalm 40:1 NLT

Have you ever watched a hamster running on a wheel? The hamster looks outside his glass cage and sees freedom, so he decides to make a run for it. But after a while, he realizes that he is not getting anywhere, so he runs faster. He runs until he is exhausted and can run no more.

Can you identify with the hamster? You have been trying for years to break a habit, yet today you’re still in the same place, or worse. You have made New Year’s resolutions to quit your bad habits or have a better marriage or work on getting fit or improving your finances. Yet, you’re still in the same position. Why? Because you’re using the wrong method! You cannot change yourself.

The only way for a hamster to find freedom is if his owner reaches down inside the cage and lifts him out. He needs somebody bigger than himself, with greater power. David said: “I waited patiently for the Lord to help me, and he turned to me and heard my cry. He lifted me out of the pit of despair, out of the mud and the mire. He set my feet on solid ground and steadied me as I walked along. He has given me a new song to sing, a hymn of praise to our God. Many will see what he has done and be amazed. They will put their trust in the Lord. Oh, the joys of those who trust the Lord” (vv. 1-4 NLT).

The way to get off the treadmill is to cry out to God, and He will set you free.

Soul food: Josh 1-4; John 14:1-14; Ps 118:10-18; Prov 28:1-4

Hoe om van die trapmeul af te klim


Psalm 40:2 NLV

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n hamster op ‘n wieletjie hardloop? Die hamster kyk by sy glashok uit en sien vryheid, dus besluit hy om soontoe te hardloop. Na ‘n ruk kom hy egter agter dat hy nêrens kom nie, dus hardloop hy vinniger. Hy hardloop totdat hy uitgeput is en nie verder kan hardloop nie.

Kan jy met die hamster identifiseer? Jy probeer al vir jare om ‘n gewoonte te breek, maar tog is jy vandag nog steeds op dieselfde plek, of selfs op ‘n erger plek. Jy het ‘n nuwejaarsvoorneme gemaak om jou slegte gewoontes te verbreek, of ‘n beter huwelik te hê, of fiks te word, of jou finansies te verbeter. Tog is jy steeds in dieselfde posisie. Hoekom? Omdat jy die verkeerde metode gebruik! Jy kan nie jouself verander nie.

Die enigste manier waarop die hamster vryheid kan smaak, is as sy eienaar hom uit sy hok tel. Hy het iemand groter as hyself, met meer krag, nodig. Dawid het gesê: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (verse 2-4 NLV).

Die manier om van die trapmeul af te klim is om na God te roep, en Hy sal jou vrymaak.

Sielskos: Josua 1-4; Joh 14:1-14; Ps 118:10-18; Spr 28:1-4

‘n Verhouding gebaseer op reëls

2025-11-24
Jakobus 1:25 NLV

Om hemel toe te gaan, word alleenlik op ‘n verhouding met Christus gebaseer; een waarin jy al jou vertroue in Hom plaas. Hierdie verhouding bevat ook reëls waarvolgens jy lewe en riglyne wat jou meer heilig maak. ‘n Tennisspeler kan nie tennis speel as daar geen basislyn is om hom of haar te laat weet of die bal in of uit is nie. ‘n Rugbyspeler kan nie rugby sonder ‘n doellyn speel nie. ‘n Sokkerspeler kan nie sokker sonder ‘n kantlyn speel nie.

Jy kan nooit waarlik vry wees as daar nie beperkings is nie. ‘n Vis is byvoorbeeld nie vry om deur die oerwoud te wandel nie en ‘n leeu is nie vry om in die oseaan te woon nie. Hulle is nie daarvoor gemaak nie. Vryheid is om die voordele waarvoor jy geskep is, te ontvang. Vryheid beteken nie dat daar geen grense is nie. Vryheid in Christus beteken dat jy, binne die regte grense, in oorvloed kan lewe (sien Johannes 10:10). Jakobus skryf: ‘As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.’

Aan die bokant van die Statue of Liberty is ‘n kroon met sewe skerp punte wat die sewe seë en sewe kontinente uitbeeld. Die simboliek daaragter is dat jy na Amerika kan kom, maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Aan die onderkant van die standbeeld is ‘n gebreekte ketting, wat beteken dat jy na Amerika kan kom en vryheid kan vind. Wanneer jy egter na Amerika kom, moet jy instem om die reëls van die land te eerbiedig.

Sielskos: 3 Joh; Judas; Joh 13:31-38; Ps 118:1-9

A relationship governed by rules


James 1:25 NLT

Going to heaven is based solely upon having a relationship with Christ; one in which you place your total trust in Him. This relationship also involves rules you live by and guidelines that make you more godly. A tennis player isn’t free to play tennis if there is no baseline to let him or her know whether the ball is “in or out.” A baseball player isn’t free to play baseball without a foul line. A football player is not free to play football without sidelines.

You cannot be truly free without restraints. For example, a fish is not free to wander through the jungle, and a lion is not free to dwell in the ocean. Neither was made for that. Freedom is having the benefits accumulate to you that you were created to receive. Freedom doesn’t mean no boundaries. Freedom “in Christ” means that within the right boundaries, you get to experience “life more abundant” (See John 10:10). James writes, “If you look carefully into the perfect law that sets you free, and if you do what it says… God will bless you for doing it.”

On top of the Statue of Liberty is a crown with seven spikes depicting the seven seas and seven continents, meaning wherever you are, you can come to America. At the bottom of the statue is a broken chain, meaning you can come to America and find freedom. But when you come, you must agree to honour the rules that govern the relationship.

Soul food: 3 John; Jude; John 13:31-38; Ps 118:1-9

God wil deur jou werk (3)

2025-11-23
2 Kronieke 16:9 NLV

God is nie huiwerig of onverskillig om sy krag te wys nie. Nee, Hy soek ‘oor die hele aarde’ na mense wat toegewyd aan Hom is, sodat Hy sy krag deur hulle lewens kan openbaar! Hier is drie dinge wat jy oor God moet weet:

1) Hy is altyd op bonatuurlike maniere in ons wêreld aan die werk en Hy het baie wat Hy wil bereik.
2) Hy is aktief op die uitkyk vir toegewyde vennote – mense wat omgee waaroor Hy omgee.
3) Hy spoor mense voortdurend aan om te reageer, maar die meeste mense loop dit mis of sê nee.

Vraag: Hoe sal jou lewe lyk as jy begin ja sê? ‘n Dominee skryf: “‘n Lewe wat deur die wonderbaarlike gekenmerk word, is nie net moontlik of begeerlik nie, maar die middelpunt van God se wil vir elkeen van ons. Wanneer ons met minder tevrede is, verloor ons lewens vreugde, vervulling en doelgerigtheid. Die persoonlike behoeftes van mense wat ons ontmoet, word oor die hoof gesien. Behoeftes in ons gemeenskappe en regoor die wêreld bly onvervuld. Wanneer ‘n hele generasie met minder tevrede is, word die karakter en beweegrede van God in twyfel getrek. Dit lyk asof sy blink teenwoordigheid in die wêreld vervaag.”

Jy kan egter iets daaraan doen. Jy is gebore om God se ambassadeur te wees; om Hom elke dag sigbaar te maak (sien 2 Korintiërs 5:20). God wil graag sy krag in jou, vir jou en deur jou bewys, want elke persoon wat jy teëkom het ‘n behoefte wat slegs God kan vervul.

Sielskos: Pred 11:7-12:1; Ps 39:4-13; 2 Tim 4:6-8