2025-10-26
Spreuke 24:16 NLV
Thomas Edison het duisende eksperimente met verskillende soorte materiale in sy soeke na ‘n filament wat hy in koolstofgloeilampe kon gebruik, gedoen. Soos elke filament misluk het, het hy dit by die venster uitgegooi, totdat sy hoop mislukkings uiteindelik tot by die tweede verdieping van sy huis gestrek het. Eers ongeveer dertien maande ná sy eerste mislukking, het hy daarin geslaag om ‘n filament te vind wat die spanning van elektriese stroom kon weerstaan.
Dit het as volg gebeur: Hy het nonchalant ‘n tikkie swartsel opgetel, dit met teer gemeng, dit in ‘n delikate draadjie gerol en besluit om ‘n filter van koolstof te gebruik. Hy het vyf uur aaneen gewerk om ‘n filament te maak, maar dit het in twee stukke gebreek voordat hy die vorm kon losmaak. Hy het twee spoele katoendraad opgebruik voordat hy ‘n perfekte filament ontwikkel het, net om dit te beskadig toe hy probeer om dit in die glasbuis te sit. Hy het twee dae en nagte wakker gebly voordat hy daarin kon slaag om een van die filamente in ‘n vakuum-verseëlde gloeilamp te sit. Toe hy die stroom aanskakel, het hy die gloed van elektriese lig waargeneem wat ons nou as vanselfsprekend aanvaar.
‘n Mislukking beteken nie noodwendig die einde nie; dit kan beteken dat jy een tree nader aan die oorwinning wat jy begeer, is. As jou poging misluk, probeer weer. Oorweeg ‘n nuwe perspektief. Neem tyd om die idee te oordink. Maak aantekeninge. Moet nooit op die doelwitte en drome waarin jy glo, opgee nie. God is deur al die ompaaie en vertragings by jou (sien Hebreërs 13:5-6). Wanneer jy vasberadenheid jou vriend, geduld jou dienskneg en God jou vennoot maak – sal jy sukses behaal!
Sielskos: Num 9:15-23; Eks 24:15-18; Matt 17:1-8; Hand 1:9-11
Proverbs 24:16 NKJV
Thomas Edison conducted thousands of experiments with various kinds of materials in his search for a filament he could use in carbon incandescent lamps. As each fibre failed, he would throw it out the window until, eventually, his pile of failures stretched all the way up to the second story of his house. Then about thirteen months after his first failure, he succeeded in finding a filament that could stand the stress of electric current.
And here is how it happened: He nonchalantly picked up a tad of lampblack, mixed it with tar, rolled it into a delicate thread, and wondered, “Why not try a carbonized filter?” He worked for five hours straight to craft a fibre, but it broke into two pieces before he detached the mould. He used up two spools of cotton thread before developing a perfect strand, only to damage it when he attempted to put it inside the glass tube. He stayed awake for two days and nights before he succeeded in slipping one of the carbonized threads into a vacuum-sealed bulb. Then, turning on the current, he observed the glow of electric light that we now take for granted.
A failure doesn’t need to suggest the end; it can mean you’re one step closer to the triumph you desire. If something you have attempted has failed, try again. Consider a new perspective. Allow time for an idea to sit and simmer. Take notes. Never give up the goals and dreams you believe in. God is with you through the detours and delays (See Hebrews 13:5-6). When you make determination your friend, patience your servant, and God your partner – you will succeed!
Soul food: Num 9:15-23; Exo 24:15-18; Matt 17:1-8; Acts 1:9-11
2025-10-25
Spreuke 14:8 DB
Salomo skryf: ‘Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan…’ ‘Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en vermy dit. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor’ (Spreuke 22:3 NLV). ‘Goeie beplanning bring sukses. Oorhaastige optrede kan jou duur te staan kom’ (Spreuke 21:5 DB). Die besluite wat jy in die verlede geneem het, bepaal waar jy vandag is. As jy jou toekoms wil verander, moet jy leer om beter besluite te maak. Laat die volgende tien beginsels jou lei:
1) Moet nooit permanente besluite volgens tydelike omstandighede maak nie. Wanneer omstandighede verander, mag jy dalk spyt wees.
2) Moenie toelaat dat jou emosies jou blind vir rede maak nie. Bid, weeg dinge versigtig op en baseer jou besluite op volwasse oordeel.
3) Omring jouself met wyse mense en put krag uit hulle gawes, sonder om deur hul kundigheid geïntimideer te word.
4) Neem tyd om al jou opsies te oorweeg. Wat vandag goed lyk, mag dalk nie meer môre so goed lyk nie.
5) Jy kan nie op elke front suksesvol veg nie, kies dus jou oorloë versigtig. Sekere dinge is nie werd om oor te baklei nie.
6) Neem tyd om al die feite te kry; anders kan jy dalk in die moeilikheid beland.
7) Oorweeg die gevolge van elke aksie. Vra jouself: ‘Is ek gereed om hierdie nou te hanteer?’
8) Maak seker dat jou verwagtinge nie jou potensiaal of jou hulpbronne oorskry nie. Fokus op die gawes wat God vir jou gegee het, want dis waar jy sukses sal behaal.
9) Tyd is jou waardevolste bate; gebruik dit slim.
10) Moet nooit tou opgooi nie. Wees gewillig om foute te maak, daaruit te leer en so dikwels as wat nodig is, oor te begin om sukses te behaal.
Sielskos: 1 Joh 1:1-3:10; Joh 7:14-24; Ps 104:19-26; Spr 24:28
Proverbs 14:8 NIV
Solomon writes: “The wisdom of the prudent is to give thought to their ways.” “The prudent see danger and take refuge, but the simple keep going and pay the penalty” (Proverbs 22:3 NIV). “The plans of the diligent lead to profit as surely as haste leads to poverty” (Proverbs 21:5 NIV). What you are today was determined by decisions you made in the past. If you want to change your future, learn to make better decisions. Let these ten principles guide you:
(1) Never make permanent decisions based on temporary circumstances. If you do, when things change, you may regret it.
(2) Don’t let your emotions blind you to reason. Pray, weigh things carefully, and base your decisions on mature judgment.
(3) Surround yourself with sharp people, then draw on their gifts without being intimidated by their expertise.
(4) Take time to consider all your options. What looks good to you today may not look so good tomorrow.
(5) You can’t fight successfully on every front, so choose your battles carefully. Some things are not worth fighting for.
(6) Take time to get all the facts; otherwise, you can end up in trouble.
(7) Consider the consequences of each action. Ask yourself, “Am I ready to handle this right now?”
(8) Make sure your expectations don’t exceed your potential and your resources. Focus on what God has gifted you to do, for that’s where you will succeed.
(9) Time is your most valuable resource; use it wisely.
(10) Never quit. Be willing to make mistakes, learn from them, and start over as often as necessary in order to succeed.
Soul food: 1 John 1:1-3:10; John 7:14-24; Ps 104:19-26; Prov 24:28
2025-10-24
Psalm 141:3 NLV
As jy geneig is om te skinder, lees die volgende met aandag: ‘Ek vermink sonder om dood te maak. Ek breek harte en verwoes lewens. Ek is slinks en kwaadwillig. Hoe meer ek aangehaal word, hoe meer word ek geglo. Ek floreer op elke vlak van die samelewing. My slagoffers is hulpeloos; hulle kan hulself nie teen my beskerm nie, want ek het geen naam en gesig nie. Dis onmoontlik om my op te spoor. Hoe harder jy probeer, hoe meer ontwykend word ek. Ek is niemand se vriend nie. Sodra ek ‘n reputasie aantas, is dit nooit weer dieselfde nie. Ek kelder regerings, verwoes huwelike en laat onskuldige mense huil. Wie is ek? My naam is skinderstories!’
Salomo het gesê: ‘Skinderstories is so soet soos lekkers. Jy sluk dit maklik, en dit sink tot diep in jou gemoed’ (Spreuke 18:8 NLV). Ons moet noukeurig oplet wat Jesus oor die sonde van skinder sê: ‘Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word’ (Matteus 12:36-37 NLV).
Eendag sal ons voor God staan om geoordeel en beloon te word. Openbaring 20:12 (NLV) sê: ‘…Daarna is die boekrolle oopgemaak…’ Daar gaan dus verskeie boekrolle wees. Kan een van hulle dalk die ‘boekrol van woorde’ wees? As jy glo dat dit moontlik is, sal jy nie iemand anders se hart breek deur hulle geheime oor te vertel, hulle vertroue te skend, hulle goeie naam skade aan te doen of hulle selfbeeld met bespotting en skimpe te ondermyn nie. Dawid het gebid: ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê.’ Dis ‘n gebed wat elkeen van ons op ‘n gereelde basis moet bid.
Sielskos: Esra 9-10; Joh 7:1-13; Ps 104:1-18; Spr 24:26-27