2025-10-31
Proverbs 15:6 NIV
In order to overcome your fear of investing, you must do these three things:
(1) Get savvy. Before you start investing, you need to learn the language and nuances of the stock market, real estate, mutual funds, and other transactions. There is a wealth of information available on the internet. Yes, your savings accounts, certificates of deposit, and money market accounts are great ways to protect your money while earning a modicum of interest. But, if you want to make a higher return, you have to take some risk. And the higher the risk, the higher the return.
(2) Get counsel. “Plans fail for lack of counsel, but with many advisers they succeed” (v. 22 NIV). A good financial consultant will help you plan based on your age, risk tolerance, and investment objectives. Talk to friends and relatives who have made investments; learn from their experiences. And be sure to seek the guidance of the Holy Spirit. He is called “counsellor” because He can guide you in every area of your life (See John 14:26 AMPC).
(3) Get moving. Time is money. You can go broke trying to save for big things like your kids’ college education or your retirement if you don’t take advantage of the high returns offered by the stock market and other investments over an extended period.
And be sure to stand on God’s Word and trust Him: “Remember the Lord your God, for it is he who gives you the ability to produce wealth” (Deuteronomy 8:18 NIV). As long as your motive is to do God’s will and bless others, you can pray for God to bless you with success, and He will.”
Soul food: Deut 18:9-18; Dan 2; Isa 47:5-15; Acts 16:16-34
Spreuke 15:6 NLV
Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen:
1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike beleggingsfondse en ander transaksies aanleer. Daar is ‘n magdom inligting op die internet beskikbaar. Ja, jou spaarrekeninge en geldmarkrekeninge is goeie maniere om jou geld te beskerm terwyl jy ‘n bietjie rente verdien. As jy egter ‘n hoër opbrengs wil ontvang, moet jy ‘n mate van risiko neem. Hoe hoër die risiko, hoe hoër die opbrengs.
2) Kry raad. ‘Sonder beraadslaging loop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers’ (Spreuke 15:22 NLV). ‘n Goeie finansiële konsultant sal jou help om ‘n plan volgens jou ouderdom, toleransie vir risiko’s en beleggingsdoelwitte daar te stel. Praat met vriende en familie wat beleggings gemaak het; leer uit hul ervarings. Maak ook seker dat jy die Heilige Gees se leiding soek. Hy word die ‘Raadgewer’ genoem, omdat Hy jou in elke area van jou lewe kan lei (sien Johannes 14:26).
3) Begin beweeg. Tyd is geld. Jy kan bankrot speel terwyl jy vir groot dinge soos jou kinders se universiteitsopleiding of jou aftrede probeer spaar, as jy nie voordeel uit die hoë opbrengste wat die aandelemark en ander beleggings oor ‘n lang tydperk bied, trek nie.
Maak ook seker om op God se Woord te staan en Hom te vertrou: ‘Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word…’ (Deuteronomium 8:18 NLV). Solank as wat jou beweegrede is om God se wil te doen en ander mense te seën, kan jy vir God vra om jou met sukses te seën, en Hy sal.
Sielskos: Deut 18:9-18; Dan 2; Jes 47:5-15; Hand 16:16-34
2025-10-30
Proverbs 21:20 NKJV
The Bible teaches two things about getting ahead financially. (1) You must be wise when you invest. When someone offers you a return on your money that’s too good to be true – it usually is! (2) Don’t just work for money; make your money work for you. “There is desirable treasure… in the dwelling of the wise, but a foolish man squanders it” (v. 20 NKJV).
And there is more than one way to squander your money. If inflation is running at 3 percent annually, but the interest on your savings is only earning 1 percent, you’re losing 2 percent of your purchasing power. So, your fear of investing can actually cause the very loss you dread. Job said, “What I dreaded has happened to me. I am not at ease, nor am I quiet; I have no rest, for trouble comes” (Job 3:25-26 NKJV).
If that’s how you feel about investing, read this: “Trust in the Lord with all your heart, and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge Him, and He shall direct your paths… Then you will walk safely in your way, and your foot will not stumble. When you lie down, you will not be afraid; yes, you will lie down and your sleep will be sweet. Do not be afraid of… trouble from the wicked when it comes; for the Lord will be your confidence and will keep your foot from being caught” (Proverbs 3:5-6, 23-26 NKJV).
Not only does God want to meet your needs, He wants to meet the needs of others through you. And for that to happen, you must have wise investment strategies.
Soul food: 1 Chr 6:1-7:19; John 8:21-30; Ps 86; Prov 25:8-12
Spreuke 21:20 NLV
Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging beloof wat te goed klink om waar te wees – is dit gewoonlik! 2) Moenie net vir geld werk nie; laat jou geld vir jou werk. ‘In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ‘n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het’ (vers 20 NLV).
Daar is meer as een manier waarop jy jou geld kan verkwis. As inflasie jaarliks 3 persent beloop, maar die rente op jou spaargeld verdien net 1 persent, verloor jy 2 persent van jou koopkrag. Job het gesê: ‘Dit waarvoor ek gevrees het, het oor my gekom. Dit waarvoor ek bang is, het nou met my gebeur. Ek ken geen rus en vrede nie. Daar is vir my geen blaaskans meer nie, net moeilikheid’ (Job 3:25-26 NLV).
As dit is hoe jy oor beleggings voel, lees die volgende: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys… Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees… Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie. Die Here is jou beskermer. Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik trap nie’ (Spreuke 3:5-6, 23-26 NLV).
Nie net wil God aan jou behoeftes voldoen nie, Hy wil aan die behoeftes van ander mense deur jou voldoen. Vir dit om te gebeur, moet jy wyse beleggingstrategieë hê.
Sielskos: 1 Kro 6:1-7:19; Joh 8:21-30; Ps 86; Spr 25:8-12
2025-10-29
Matteus 25:19 AFR83
Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep en sy besittings aan hulle toevertrou. Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan. Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en ‘n wins gemaak van nog vyf. So ook die een wat twee gekry het: hy het ‘n wins gemaak van nog twee. Maar die slaaf wat een gekry het, het ‘n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek. Na ‘n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra’ (verse 14-19 AFR83).
Hoe het hierdie verhaal geëindig? Wel, die twee mans wat hulle talente verdubbel het, het hul eienaar se hoogste lof ontvang: ‘…Mooi so!..’ (verse 21, 23 AFR83). Die slaaf wat egter risikosku was, is sleg en lui genoem (sien vers 26 AFR83). Sy eienaar het vir hom gesê: ‘Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word’ (verse 27-29 AFR83).
Wanneer die lewenskoste jaarliks gemiddeld met 2,5 persent styg, moet jou spaargeld minstens 2,5 persent jaarliks verdien, anders verloor jy geld eerder as om te verdien. Aangesien die Bybel vir ons sê om verstandig te belê, kan jy bid en vol vertroue wees dat God jou gesonde beleggingstrategieë sal gee.
Sielskos: 1 Kro 3-5; Joh 8:1-20; Ps 6; Spr 25:1-7