Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (1)

2025-07-04
3 Johannes vers 9 NLV

Rede een: onsekerheid. Die Florentynse filosoof Machiavelli het gesê: ‘Die eerste metode om die intelligensie van ‘n heerser te bepaal, is om te kyk na die mense waarmee hy homself omring.’ Onsekere leiers word deur talentvolle individue bedreig, daarom omring hulle hulself met swak mense. Gevolglik ly die werk en almal wat betrokke is, daaronder.

Wanneer ‘n leier op ‘n opregte vraag reageer deur te sê: ‘Hoe durf jy my gesag uitdaag?’ is hulle gevaarlik en dikwels nie die moeite werd om te volg nie. Onsekere leiers misluk gewoonlik om twee redes: Hulle wil beheer oor alles behou, of hulle is bang om deur iemand meer bekwaam vervang te word. Leiers wat nie spanwerk aanmoedig nie, verswak hul eie potensiaal en ontmoedig die mense rondom hulle. President Woodrow Wilson het gesê: ‘Ons moet nie net al die breinkrag wat ons het gebruik nie, maar ook al die breinkrag wat ons kan leen.’

Die Apostel Johannes sê vir ons dat Diotrefes, ‘n leier in die kerk, homself graag eerste gestel het. Wat was die man se probleem? Hy wou almal anders se lig verdoof sodat syne helderder sou skyn. Dus skryf Johannes: ‘Daarom, wanneer ek ook al kom, sal ek sy optrede onthou: Hy belaster ons deur bose gerugte te versprei en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy selfs ook nie die medegelowiges nie. Dié wat dit nog wil doen, verhinder hy en verban hulle uit die gemeente. Liewe vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het nie ‘n oog vir God nie’ (3 Johannes verse 10-11 NLV).

Laat God se goedkeuring – wat jy reeds het – jou sekerheid gee!

Sielskos: Jer 51-52; Matt 7:1-14; Ps 137; Spr 15:15-17

Knowing when not to speak

2025-07-03
Proverbs 12:23 NLT

Someone else’s need to know shouldn’t determine your need to speak. When a friend of Jesus wanted to stop His arrest, Jesus said, “Do you think I cannot call on my Father, and he will at once put at my disposal more than twelve legions of angels?” (Matthew 26:53 NIV). When Jesus stood in Pilate’s judgment hall, Pilate didn’t have the power; Jesus did! Yet, the Bible says that Jesus “opened not His mouth” (Isaiah 53:7 NKJV). He just stood there and said nothing. Why? Because He was not on trial, Pilate was. Jesus knew His destiny, and more importantly, He knew His heavenly Father intimately.

And when you know God, you can face anything with confidence – and feel free to say nothing. Sometimes the wisest thing is to say, “I don’t have the answer right now. But I will think about it, pray, and get back to you.” “The wise don’t make a show of their knowledge, but fools broadcast their foolishness” (Proverbs 12:23 NLT).

When people are anxious for answers, they will try to pressure you into speaking before you have all the facts or have had a chance to pray and consider the situation carefully. If you ask God, He will tell you what to say and when to say it. His promise is, “I have put my words in your mouth and covered you with the shadow of my hand” (Isaiah 51:16 NIV).

Pride says, “Don’t just stand there; say something!” Wisdom says, “Don’t just say something; stand there!” Quietly ask God for insight. One thought from God can solve the problem in a hurry.

Soul food: Jer 49-50; Matt 6:19-34; Ps 122; Pro 15:10-14

Weet wanneer om stil te bly


Spreuke 12:23 NLV

Iemand anders se behoefte aan inligting behoort jou nie te forseer om te praat nie. Toe ‘n vriend van Jesus sy inhegtenisname wou stopsit, het Jesus gesê: ‘Besef jy nie dat Ek ‘n ganse leërmag engele van my Vader sou kon vra om ons te beskerm en Hy sal hulle oombliklik stuur nie?’ (Matteus 26:53 NLV). Toe Jesus voor Pilatus gebring is, het Pilatus nie die oppermag gehad nie; Jesus het! Tog sê die Bybel Jesus: ‘…het sy mond nie oopgemaak nie’ (Jesaja 53:7 NLV). Hy het daar gestaan en niks gesê nie. Hoekom nie? Omdat Hy nie onder verhoor was nie, maar Pilatus wel. Jesus het sy lotsbestemming geken en belangriker as dit, Hy het sy hemelse Vader intiem geken.

Wanneer jy God ken, kan jy enigiets met selfvertroue in die gesig staar – en vry voel om stil te bly. Soms is dit die wysste ding om te sê: ‘Ek het nie nou die antwoord nie. Ek sal egter daaroor dink, daaroor bid en terugkom na jou toe.’ “‘n Verstandige mens bly stil oor sy kennis. Dwase basuin hulle onkunde uit” (Spreuke 12:23 NLV).

Wanneer mense angstig is vir antwoorde, sal hulle jou onder druk probeer plaas om te praat voor jy al die feite het of ‘n kans gehad het om daaroor te bid en die situasie versigtig te oorweeg. As jy God vra, sal Hy vir jou sê wat om te sê en wanneer om dit te sê. Sy belofte is: ‘Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek het jou beskerm met die skadu van my hand…’ (Jesaja 51:16 NLV).

Trots sê: ‘Moenie net daar staan nie, sê iets!’ Wysheid sê: ‘Moenie iets sê nie, staan net daar!’ Vra God vir insig. Een gedagte van God kan die probleem blitsvinnig oplos.

Sielskos: Jer 49-50; Matt 6:19-34; Ps 122; Spr 15:10-14

To love, you must forgive

2025-07-02
Colossians 3:13 NIV

It’s impossible to love anyone fully and at the same time resent someone else. You cannot give total love when your heart is divided. And a bitter heart is a divided heart. You may be thinking, “My spouse is a wonderful person, but I just can’t love him.” Look beneath the surface. You may still be reacting to your past and harbouring resentment against someone who hurt you. That’s keeping you from loving your spouse. And it’s not fair to them.

Many people have justified cause for their anger. It’s said that one out of every three women and one out of every seven men will be abused during their lifetime. But you must let go of the past to get on with the present. To begin loving people, you must close the door on the past. And that cannot happen without forgiveness! So, forgive those who have hurt you – for your own sake, not because they deserve it. Do it so your heart can be whole again. The people from your past cannot hurt you unless you allow them to hurt you by holding resentment against them.

Anytime you resent someone, you give them a piece of your heart, a piece of your attention, a piece of your mind. Do you want that person to have that? No? Then take it back by forgiving. Instead of rehearsing the hurt over and over, release it. And you can’t be selective in what you forgive: “I will forgive that, but I won’t forgive this.” The Bible says, “Forgive… if any of you has a grievance against someone. Forgive as the Lord forgave you” (v. 13 NIV).

Soul food: Jer 45-48; Matt 6:9-18; Ps 110; Pro 15:8-9

Om lief te kan hê, moet jy vergewe


Kolossense 3:13 NLV

Dis onmoontlik om enigiemand ten volle lief te hê en terselfdertyd ‘n wrok teen iemand anders te koester. Jy kan nie totale liefde gee as jou hart verdeeld is nie. ‘n Bitter hart is ‘n verdeelde hart. Jy reageer dalk steeds op jou verlede en koester ‘n wrok teen iemand wat jou seergemaak het. Dit weerhou jou daarvan om jou geliefdes ten volle lief te hê. Dit is egter nie regverdig teenoor hulle nie.

Baie mense het geregverdigde redes vir hul woede. Daar word geskat dat een uit elke drie vroue en een uit elke sewe mans gedurende hul leeftyd mishandel sal word. Jy moet egter die verlede agterlaat om met die hede aan te gaan. Om mense lief te hê, moet jy die deur tot die verlede toemaak. Dit kan egter nie sonder vergifnis gebeur nie! Vergewe dus diegene wat jou seergemaak het – om jou eie onthalwe, nie omdat hulle dit verdien nie. Doen dit sodat jou hart weer heel kan word. Die mense in jou verlede kan jou nie meer seermaak nie, tensy jy hulle toelaat om dit te doen deur ‘n wrok teen hulle te koester.

Wanneer jy ‘n wrok teen iemand het, gee jy hulle ‘n deel van jou hart, ‘n deel van jou aandag en ‘n deel van jou gedagtes. Wil jy dit toelaat? Nie? Neem dan daardie dele van jouself terug deur te vergewe. In plaas daarvan om die seer oor en oor te herleef, laat dit gaan. Jy kan egter nie selektief wees oor wat jy vergewe nie: ‘Ek sal die vergewe, maar ek gaan nie dit vergewe nie.’ Die Bybel sê: ‘…as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het’ (vers 13 NLV).

Sielskos: Jer 45-48; Matt 6:9-18; Ps 110; Spr 15:8-9