God aanvaar jou ‘in Christus,’ aanvaar dus jouself

2019-07-29
Genesis 1:31 NLV

Jy kan nie iets effektief hanteer totdat jy dit vir wat dit is, aanvaar het nie – insluitend jouself! Om te ‘aanvaar’ beteken dat jy iets gewilliglik ontvang, of dit as reg sien, of daarmee saamstem. Eerstens, behels aanvaarding jou wilsbesluit. Jy kan kies om jouself te aanvaar of nie; dis jou keuse. Tweedens, wanneer iets aanvaarbaar is, beteken dit dat dit as ‘reg’ gesien word. Ons is geneig om onsself te verwerp omdat ons selde dit wat reg is sien en net dit wat verkeerd is met ons, oplet. Dikwels is hierdie houding van vroeg af by ons gekweek deur diegene wat op ons swakhede in plaas van ons sterkpunte gefokus het. Derdens, beteken aanvaarding om met iets saam te stem. As jy ‘n probleem het om jouself te aanvaar, moet jy in ooreenstemming met God se Woord kom. Hy sê dat jy vrygespreek is, begin dus om dieselfde te sê (sien 2 Korintiërs 5:21). Dit kan ‘n tydjie neem om in te sink, maar uiteindelike sal dit binne-in jou wortel skiet. Die Bybel sê: ‘Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?’ (Amos 3:3 NLV). Om saam met God op reis te gaan, beteken dat jy met Hom saamstem. Hy sê dat Hy vir jou lief is en jou ‘in Christus’ aanvaar, begin dus om met Hom saam te stem en hou op om jouself af te kraak. Toe God ons gemaak het, het Hy gesien dat dit goed is. Wees egter geduldig – Hy is nie klaar met sy kreatiewe werk in jou lewe nie. Hy wil hê dat jy jouself moet sien soos Hy jou sien en moet leer om jouself lief te hê terwyl jy nog ‘onder konstruksie’ is.

Sielskos: Deut 14-17; Matt 13:1-9; Ps 78:32-39; Spr 16:31

Jou nalatenskap

2019-07-28
Matteus 25:21 NLV

Jy kies nie die oomblik van jou aankoms en vertrek hier op aarde nie, maar jy kies wat jou nalatenskap sal wees. Op vyf het hy ‘n gevorderde concerto vir die klavesimbel geskryf. Voor hy tien was, het hy verskeie sonatas vir die viool geskryf en die beste van Bach en Händel op geheue gespeel. Kort na sy twaalfde verjaarsdag het hy sy eerste opera gekomponeer en begelei. Hy het ‘n ere-aanstelling as konsertmeester by die Salzburg-simfonieorkes ontvang en binne ‘n paar jaar is hy as die trots van Salzburg beskou. Teen die tyd wat hy op die ouderdom van vyf-en-dertig oorlede is, het hy agt-en-veertig simfonieë; sewe-en-veertig arias, duette en kwartette met orkesbegeleiding en meer as ‘n dosyn operas geskryf. Daar word geskat dat hy ongeveer 600 oorspronklike komposisies altesaam geskryf het. Mozart het egter die meeste van sy lewe in armoede deurgebring en in onbekendheid gesterf. ‘n Paar van sy vriende het dit tot by die kerk vir sy begrafnis gemaak, maar ‘n storm het hulle daarvan weerhou om na die begrafplaas vir sy teraardebestelling te gaan. Dus het dit amper onmoontlik geword om die presiese ligging van sy graf te bepaal. Geen altaar is by sy laaste rusplek opgerig nie. Waarvoor word Mozart vandag onthou? Wat is sy nalatenskap? Nie die lewe wat hy gelei het nie, maar die musiek wat hy aan die wêreld gegee het wat vandag nog ons lewens verryk. Wanneer jou lewe se enigste fokus selfbelang is, sal jy nie vir die regte redes gemis word nie, of jy sal glad nie gemis word wanneer jy sterf nie. Vind dus ‘n saak groter as jouself, een wat jou sal oorleef en wy jouself daaraan toe. Moenie net ‘n testament nalaat nie, laat ‘n nalatenskap wat God se wil vervul, na.

Sielskos: Lev 24:17-22; Deut 15:7-11; Matt 5:38-48

Leave a legacy


Matthew 25:21 NIV

You don’t get to choose the moment of your arrival and departure here on earth, but you get to choose what your legacy will be, what you will be remembered for. At five, he wrote an advanced concerto for the harpsichord. Before he was ten he published several violin sonatas and was playing the best of Handel and Bach from memory. Soon after his twelfth birthday he composed and conducted his first opera. He was awarded an honorary appointment as concertmaster with the Salzburg Symphony Orchestra, and within a few years was hailed as the pride of Salzburg. When he died at age thirty-five he had written forty-eight symphonies; forty-seven arias, duets, and quartets, with orchestral accompaniment; and more than a dozen operas. He’s credited with some 600 original compositions in all. Even so, Mozart lived most of his life in poverty and died in obscurity. His sick widow seemed indifferent about his death. A few friends made it to the church for his funeral, but a storm prohibited their going to the graveside for his burial. So the location of his grave became virtually impossible to identify. No shrine marks his resting place. Today, what is Mozart remembered for? What is his legacy? Not the life he lived, but the music he gave the world that still enriches our lives. When your life’s sole focus is self-interest, you won’t be missed when you are gone, or missed for the right reasons. So find a cause greater than yourself, one that will outlive you, and pour yourself into it. Don’t just leave a will, leave a legacy that fulfills God’s will.

Soul food: Lev 24:17-22; Deut 15:7-11; Matt 5:38-48

Strewe na intimiteit in jou huwelik

2019-07-27
1 Korintiës 7:39 DB

Die Bybel leer ons dat die basis vir ‘n goeie huwelik nie net daarin lê om elke aand dieselfde bed te deel nie, maar om elke dag dieselfde waardes en doelwitte te deel. Daar sonder, sal dit wees soos om met mekaar in ‘n vreemde taal te praat. Julle sal wel nie altyd saamstem nie, en dit moet jy aanvaar. As julle egter dieselfde bestemming wil bereik, moet julle dieselfde padkaart volg. Soos wanneer jy ‘n huis bou, moet julle van dieselfde bloudruk af werk waarop julle vooraf ooreengekom het. Na ‘n ruk ontdek jy dat fisiese intimiteit alleenlik nie genoeg is nie. Dit mag jou dalk deur die nag kry, maar dit verg ware vriendskap en ‘n gedeelde geloof in God om jou deur die jare te kry. Ons praat van mans en vrouens wat sonder om ‘n woord te sê kommunikeer, omdat dieselfde doelwitte en beginsels hulle lewens regeer. Wanneer probleme opduik, soos dit altyd doen, soek hulle oplossings by dieselfde bron – God. Toe die lewe vir Adam en Eva in die Tuin van Eden uitmekaar geval het, het hulle saam na God gegaan, omdat hulle altwee ‘n verhouding met Hom gehad het. Buitendien, hoe sal jy ‘n probleem kan korrigeer as een van julle nie dink dat daar ‘n probleem is nie? Ware intimiteit kom wanneer die seks verby is en die toewyding aan mekaar sterker as ooit is. Dit laat jou toe om by iemand te wees sonder om altyd te voel dat jy hom of haar moet beïndruk. ‘n Skrywer stel dit so: ‘Wanneer ons weet dat ons geliefd is oor wie ons is, word ons gedagtes gesonder en meer intiem in uitdrukking. Ons word van die vrees van verwerping bevry.’

Sielskos: Deut 11-13; Matt 12:38-50; Ps 78:17-31; Spr 16:26-30

Strive for intimacy in your marriage


1 Corinthians 7:39 TM

The Bible teaches us that the basis for a good marriage isn’t just sharing the same bed every night, but the same values and goals every day. Without those, it will be like talking to each other in a foreign language. Now, you won’t always agree, and you must accept that. But if you want to reach the same destination you’ve got to follow the same road map. Like building a house, you need to work from an agreed-upon set of blueprints. After a while you discover that physical intimacy alone isn’t enough. That might get you through the night, but it takes genuine friendship and shared faith in God to get you through the years. We’re talking about husbands and wives who communicate without saying a word because the same purposes and principles govern their lives. And when problems arise, as they invariably do, they seek solutions from the same source – God. When life fell apart for Adam and Eve in the Garden of Eden, they came before God together because they had both had a relationship with Him. After all, how can you correct the problem if one of you doesn’t think there is a problem? True intimacy comes when the sex is over and the commitment is stronger than ever. It allows you to be with someone without always needing to impress them. One author puts it like this: “When we know we’re loved because of who we are, we become healthier in mind and more intimate in expression. We’re freed from the fear of rejection and loosed from the anxiety of having to perform.”

Soul food: Deut 11-13; Matt 12:38-50; Ps 78:17-31; Prov 16:26-30