Be creative (3)

2019-06-04
Genesis 1:28 NKJV

Your heavenly Father created the world – and you are made in His image. That means you are wired to think creatively. God finished His creative work in six days, then our work began. God said, in essence, “I’ve provided you with all the resources and talents you need to have an abundant life. Now do something good with it.” The sheep He made give wool, from which we create beautiful fabrics in differing colors for matching outfits. God didn’t make cheese; He made cows that give milk so that we can create cheese from it. The Bible describes the beginning of all things in these words: “Then God blessed them, and God said to them, ‘Be fruitful and multiply.'” The word “multiply” means that God wants you to end up with more than you started out with. But to do that you must begin to think creatively! Instead of simply accepting what is, you need to take what is and make something more out of it. When you do that, you’re following in your heavenly Father’s footsteps. Sometimes churches pour cold water on any thought or activity that isn’t religious, saying it’s “worldly” and therefore God is not pleased with it. That’s like saying God only works within the four walls of a church. No, “The earth is the Lord’s, and the fullness thereof; the world, and they that dwell therein” (Psalm 24:1). Wherever you are, whoever you are, whatever you do in life, God wants you to put your creativity to work so that you can glorify Him and bless others.

Soul food: 2 Kings 1:1-4:17; Mark 11:27-33; Ps 1; Prov 13:1

Wees kreatief (3)


Genesis 1:28 NLV

Jou hemelse Vader het die aarde geskep – en jy is na sy beeld geskape. Dit beteken dat jy gemaak is om kreatief te dink. God het sy kreatiewe werk in ses dae voltooi, toe het ons werk begin. God het inderwaarheid gesê: ‘Ek het jou van al die hulpbronne en talente voorsien wat jy nodig het om ‘n oorvloedige lewe te hê. Doen nou iets goeds daarmee.’ Ons gebruik die skape wat Hy gemaak het se wol om pragtige materiaal in verskillende kleure te maak. God het nie kaas gemaak nie; Hy het koeie gemaak wat melk verskaf sodat ons kaas daarvan kan maak. Die Bybel beskryf die begin van al hierdie dinge met hierdie woorde: “God het hulle geseën deur te sê: ‘Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde…'” Die woord ‘vermeerder’ beteken dat God wil hê dat jy met meer moet opeindig as waarmee jy begin het. Om dit te doen moet jy egter kreatief begin dink! In plaas daarvan om dit wat jy het net eenvoudig te aanvaar, moet jy dit neem en iets daaruit maak. Wanneer jy dit doen, volg jy in jou hemelse Vader se voetstappe. Soms gooi kerke koue water op enige idee of aktiwiteit wat nie godsdienstig is nie, deur te sê dat dit ‘wêrelds’ is en dat God dus nie daarmee tevrede is nie. Dis soos om te sê dat God slegs binne die vier mure van ‘n kerk werk. Nee: ‘Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe’ (Psalm 24:1 NLV). Waar jy ook al is, wie jy ook al is, wat jy ook al in die lewe doen, God wil jou kreatiwiteit aan die werk sit sodat jy Hom kan verheerlik en ander mense kan seën.

Sielskos: 2 Kon 1:1-4:17; Mark 11:27-33; Ps 1; Spr 13:1

Wees kreatief (2)

2019-06-03
Filippense 2:13 NLV

Jy sal slegs goeie idees hê wanneer jy idees waardeer. Andersins sal jy deur die lewe gaan deur op ander mense se idees te teer. Kreatiewe denkers: 1) Verken elke opsie. Deur ‘n verskeidenheid opsies te verken, stimuleer jy jou verbeelding, wat noodsaaklik vir kreatiwiteit is. Albert Einstein het gesê: ‘Verbeelding is belangriker as kennis.’ Hoekom? Omdat verbeelding nuwe maniere soek om jou kennis te gebruik. 2) Gebruik dubbelsinnigheid. Kreatiewe mense het nie die behoefte om onsekerheid uit te skakel nie. Hulle sien allerhande teenstrydighede en gapings in die lewe en geniet dit om daardie gapings te verken of hulle verbeelding te gebruik om dit te vul. Wanneer jy voor ‘n behoefte te staan kom, kan jy óf dink dat daar niks aan gedoen kan word nie, óf jy kan bid en ‘n manier soek om aan daardie behoefte te voldoen (Filippense 4:19). 3) Vier die vreemde. Kingman Brewster, die voormalige president van Yale Universiteit, het gesê: ‘Daar is ‘n korrelasie tussen die kreatiewe en die vreemde vent. Ons moet dus die vreemde vent met liefde verdra.’ Om kreatiwiteit te bevorder, moet ons gewillig wees om oorspronklikheid en vreemdheid te verdra. 4) Is nie bang vir mislukking nie. Die Amerikaanse filosoof Charles Frankel het gesê: ‘Angs is die noodsaaklike toestand vir intellektuele en kunssinnige skepping.’ Kreatiwiteit verg ‘n gewilligheid om simpel te lyk. Kreatiewe mense weet dit, maar hou steeds aan om nuwe idees te soek. Hulle weier om toe te laat dat die idees wat nie werk nie, hulle daarvan weerhou om met die idees wat wel werk, vorendag te kom.

Sielskos: Op 19-22; Mark 11:12-26; Ps 129; Spr 12:27-28

Be creative (2)


Philippians 2:13 NLT

You will only have good ideas if you value ideas. Otherwise you’ll drift through life living off other people’s ideas. Creative thinkers: (1) Explore every option. Exploring a multitude of possibilities helps to stimulate your imagination, and imagination is crucial to creativity. Albert Einstein said, “Imagination is more important than knowledge.” Why? Because it looks for new ways to put your knowledge to work. (2) Embrace ambiguity. Creative people don’t feel the need to stamp out uncertainty. They see all kinds of inconsistencies and gaps in life, and they take delight in exploring those gaps or using their imagination to fill them in. When you find an unmet need, you can either conclude that nothing can be done about it, or pray and look for a way to meet that need (Philippians 4:19). (3) Celebrate the offbeat. Creativity explores off the beaten path. Kingman Brewster, former president of Yale University, said, “There’s a correlation between the creative and the screwball. So we must suffer the screwball gladly.” To foster creativity, you must be willing to tolerate originality and oddness. (4) Are not afraid of failure. American philosopher Charles Frankel said, “Anxiety is the essential condition of intellectual and artistic creation.” Creativity requires a willingness to look stupid. It means going out on a limb knowing that limbs often break. Creative people know these things and still keep searching for new ideas. They refuse to let the ideas that don’t work prevent them from coming up with ones that do.

Soul food: Rev 19-22; Mark 11:12-26; Ps 129; Prov 12:27-28

Wees kreatief (1)

2019-06-02
Genesis 1:27 NLV

Hoekom vier ons die geboorte van ons kinders? Omdat ons, soos God, gehelp het om iets te skep. Die beroemde Amerikaanse voetbalafrigter, Vince Lombardi, het gesê: ‘Vreugde lê daarin om te skep, nie om te onderhou nie.’ Dis ‘n fout om te glo dat God net in ‘geestelike’ dinge en nie in ‘sekulêre’ dinge geïnteresseerd is nie. Ja, jy moet geestelik groei. Jy moet egter ook die gawes wat Hy vir jou gegee het gebruik om sy doel hier op aarde te vervul en ander mense mee te seën. Jy hoef nie ryk te wees of ‘n hoë IK te hê om kreatief te wees nie. Jy kan ‘n kreatiewe haarkapper wees, of ‘n nuwe resep uitdink, of ‘n werksgeleentheid vir gevangenes skep waarmee hulle hul lewens kan herbou. Dis nie net sekulêr nie, dis geestelik! Jy sal oplet dat die kruis twee pale het: vertikaal en horisontaal. Die vertikale paal verteenwoordig jou verhouding met God; wat Hy vir jou wil doen en wat Hy wil hê jy vir Hom moet doen. Die horisontale paal verteenwoordig dit wat Hy ons geroep het om vir mekaar te doen. Jy sê: ‘Maar ek is nie baie kreatief nie.’ Sodra jy jou Godgegewe gawe ontdek het, sal dit jou kreatiwiteit vrystel. Paulus skryf: ‘Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik…’ (Romeine 12:6 NLV). Hou op om jouself sleg te sê omdat jy nie so kreatief is soos jy graag wil wees nie. Kreatiewe denke is nie noodwendig oorspronklike denke nie. Gewoonlik is kreatiewe denke ‘n samestelling van ander mense se denke wat langs die pad ontdek is. Die woord vir jou vandag is dus: Wees kreatief.

Sielskos: Eks 20:16; Deut 19:15-20; Op 21:8