Hoe om weer op te staan (1)

2019-05-01
Miga 7:8 NLV

Ons almal word van tyd tot tyd neerslagtig. Dit kan op die hakke van ‘n groot sukses of oorwinning gebeur. Beraders sê dat daar vir elke hoogtepunt ‘n ooreenkomstige laagtepunt is. Soms word dit veroorsaak wanneer mense ons teleurstel; iemand wat ons vertrou het het ons in die steek gelaat en ons ervaar woede en verwyt. Wanneer ons ons werk verloor, verloor ons nie net ons finansiële sekuriteit nie; soms verloor ons ook ons identiteit en sin van waarde. Die oorsaak van ons neerslagtigheid is dikwels fisies. Wanneer ons nie genoeg rus, ordentlike kos en oefening kry nie, raak ons afgemat. Soms is die oorsaak chemies van aard. Wanneer die brein se chemiese boodskappers, genaamd neurotransmitters, gesond is, is ons ook gesond. Wanneer sommige van daardie transmitters, soos serotonien en dopamien egter afwesig, laag of ongebalanseerd is, sukkel ons en voel uitgeput. In hierdie geval mag medikasie nodig wees om die chemiese wanbalans te korrigeer. Die oorsaak kan ook geestelik wees. Jesus het gesê dat Satan kom om ‘…te steel, dood te maak en te vernietig…’ (Johannes 10:10 NLV). Dis hoekom die Bybel sê: ‘…Vind julle krag in julle verhouding met die Here… Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen… die bose geeste in die hemelruimtes’ (Efesiërs 6:10-12 NLV). Dikwels is geestelike oorlogvoering die wortel van ons probleme, of dit vererger ons probleme. Maak dus elke môre wanneer jy opstaan seker dat jy jou geestelike gevegstoerustig aantrek en dat jy jou krag in jou verhouding met die Here deurgaans deur die dag kry. Dis hoe jy weer opstaan.

Sielskos: Num 19-21; Mark 3:20-35; Ps 37:16-24; Spr 11:4

How to get back up (1)


Micah 7:8 NIV

We all get despondent from time to time. It can happen on the heels of a great success or victory. Counselors say that for every high there is a corresponding low. Or it can be caused by disappointment in people; someone we trusted lets us down and we experience anger and resentment. When we lose a job, we don’t just lose our financial security; sometimes we lose our identity and sense of worth as a person. The cause of our despondency is often physical. When we don’t get enough rest, proper food, and exercise, we get run down. Sometimes the cause is chemical. When the brain’s chemical messengers that are called neurotransmitters are healthy, we are too. But when some of those transmitters, such as serotonin and dopamine, are absent, low, or imbalanced, we struggle and feel depleted. In this case medication may be needed to correct the chemical imbalance. And the cause can also be spiritual. Jesus said that Satan comes to “steal, kill and destroy” (John 10:10 GNT). That’s why the Bible says, “Be strong in the Lord and in his mighty power. Put on the full armor of God so that you can take your stand against the devil’s schemes. For our struggle is not against flesh and blood, but against…spiritual forces of evil” (Ephesians 6:10-12 NIV). Often spiritual warfare is either at the root of our problems or is exacerbating them. So each morning when you get dressed, be sure to put on your spiritual armor and draw on “His mighty power” throughout the day. When you’re down, that’s how you get back up.

Soul food: Num 19-21; Mark 3:20-35; Ps 37:16-24; Prov 11:4