2019-01-09
Romeine 4:17 NLV
Wanneer jy dit waag om te droom, werk die God wat ‘dinge wat nog nie bestaan, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is,’ binne-in jou. Daar is egter ‘n derde droomdoder wat jy te bowe moet kom: Tevredenheid met middelmatigheid. ‘n God-gegewe droom sal jou strek; jy kan nie daarna uitreik en terselfdertyd veilig in middelmatigheid bly nie. Die twee is onversoenbaar. Wanneer jy tevrede met middelmatigheid word, is dit aanloklik om dit op ander mense, of jou persoonlike omstandighede, of die sisteem te blameer. Die waarheid is egter dat middelmatigheid altyd ‘n persoonlike keuse is. Wanneer jy nie ‘n dwingende droom het nie, loop jy die gevaar dat jou lewe eenvoudig weg sal gly. Die skrywer, Kenneth Hildebrand, stel dit so: ‘Die armste van alle mense is nie die man sonder ‘n sent op sy naam nie. Dis die man sonder ‘n droom. Hy is soos ‘n groot skip wat vir die magtige oseaan gebou is, maar wat op ‘n meuldam probeer navigeer. Hy het nie ‘n hawe om te bereik nie, geen horison om te sien nie, geen kosbare vrag om te dra nie. Sy ure word deur roetine en kleinlike take geabsorbeer. Dis g’n wonder hy raak onvergenoegd, bakleierig en keelvol nie. Een van die lewe se grootste tragedies is ‘n persoon met ‘n tien-by-twaalf kapasiteit en ‘n twee-by-vier siel.’ As jy voel dat jou lewe nader aan middelmatigheid is as wat jy wil hê, moet jy meer doen as om net te droom. Niks sal jou help om uit jou groef te breek soos ‘n God-gegewe droom nie. As jy nie reeds een het nie, vra God om jou een te gee. Hy kan dit dalk vir jou oombliklik gee, of oor ‘n tydperk, maar Hy sal dit vir jou gee.
Sielskos: Jes 26-29; Luk 2:1-7; Ps 46; Spr 1:32-33
2019-01-08
Romeine 4:18 NLV
Die tweede droomdoder is: Teleurstelling. Teleurstelling is die spasie wat tussen verwagting en realiteit bestaan. Jy het seker al hierdie spasie teëgekom. Jy moes al met onvervulde begeertes saamleef en jou hoop is al vernietig, wat jou kon beskadig het. Mark Twain het gesê, ‘Ons moet versigtig wees om net die wysheid uit ‘n ervaring te haal en dan te stop. Anders word ons soos die kat wat op ‘n warm plaat gaan sit het. Sy sal nooit weer op ‘n warm plaat gaan sit nie – en dit is goed so – maar sy sal ook nooit weer op ‘n koue plaat gaan sit nie.’ Wanneer iets verkeerd gaan, sê ons: ‘Wel, ek gaan dit nooit weer doen nie!’ Dis ‘n fout, veral as dit by jou drome kom! Mislukking is die prys wat jy betaal om sukses te bereik. Soms moet jy dit herhaaldelik oorkom om vorentoe te kan beweeg en jou droom na te jaag. Abraham was geroep om die vader van ‘n nasie te wees. Voor Isak egter gebore is, het hy ongeduldig geword en is Ismael gebore, wat ‘n slegte situasie geskep het waarmee hy sy hele lewe moes saamleef. Hy het egter nooit opgehou om in sy God-gegewe droom te glo nie. Die Bybel sê: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het’ (verse 20-21 NLV). Jy moet elke dag jou geloof versterk deur die Bybel te lees, te bid, aan God se goedheid te dink en jouself te herinner dat niks vir die Here te moelik is nie (sien Jeremia 32:17).
Sielskos: Jes 22-25; Luk 1:67-80; Ps 42:6-11; Spr 1:28-31
Romans 4:18 NIV
The second dream killer is: Disappointment. Disappointment is the gap that exists between expectation and reality, and no doubt you’ve encountered the gap. You’ve had to live with unfulfilled desires or had your hopes dashed, and it can damage you. Mark Twain said: “We should be careful to get out of an experience only the wisdom that’s in it – and stop there; lest we be like the cat that sits down on a hot stove-lid. She’ll never sit down on another hot stove-lid again – and that is well; but also she’ll never sit down on a cold one anymore.” When something goes wrong we say, “I’ll never do that again!” What a mistake, especially when it comes to your dreams! Experiencing failure is the price you must pay to achieve success. Sometimes you must face it and overcome it repeatedly in order to be able to move forward and pursue your dream. Abraham was called to birth a nation. But before he fathered Isaac he grew impatient and fathered Ishmael, and created a bad situation he had to live with all his life. But he never stopped believing in his God-given dream. The Bible says: “He did not waver through unbelief regarding the promise of God, but was strengthened in his faith and gave glory to God, being fully persuaded that God had power to do what he had promised” (vv. 20-21 NIV). Note the words “was strengthened in his faith.” You must strengthen your faith each day by reading God’s Word and praying, recalling God’s goodness and reminding yourself that nothing is too hard for the Lord (See Jeremiah 32:17).
Soul food: Isa 22-25; Luke 1:67-80; Ps 42:6-11; Prov 1:28-31
2019-01-07
Genesis 37:19-20 NLV
Kom ons kyk vir die volgende paar dae na dinge wat jou drome dood maak: Moedeloosheid. ‘n Eksperiment is op ape uitgevoer. Vier van hulle is in ‘n kamer met ‘n lang paal in die middel geplaas. Bo-op die paal was ‘n tros piesangs. Een van die ape het die paal uitgeklim, maar net toe hy die piesangs wil gryp, is hy met ‘n emmer water natgegooi. Hy het gillend grond toe geklim en sy poging laat vaar. Elke aap het probeer om die piesangs te kry en al vier is natgegooi. Na verskeie pogings het hulle opgegee. Toe het die navorsers een van die ape weggevat uit die kamer en hom met ‘n nuwe aap vervang. Die nuweling het probeer om die paal uit te klim, maar die ander ape het hom daarvan weerhou en van die paal afgetrek. Die navorsers het die oorspronklike ape een vir een met nuwe ape vervang; elke keer wat ‘n nuwe aap ingebring is, is hy deur die ander ape afgetrek voordat hy die piesangs kon bereik. Na ‘n ruk was nie een van die ape wat natgegooi is meer in die kamer nie, maar nie een van die ape wou die paal uitklim nie. Hulle het mekaar daarvan weerhou om die paal uit te klim – maar nie een van hulle het geweet hoekom nie. Toe God vir Josef ‘n droom van toekomstige sukses gegee het, het sy broers hom daarvoor verkwalik en gesê, ‘Hier kom daardie dromer!… Kom ons maak hom dood…’ Het ander mense probeer om koue water op jou droom te gooi? Skep moed. Met God is dit nooit te laat om te begin droom, of die droom wat Hy reeds vir jou gegee het na te jaag en te vervul nie.
Sielskos: Jes 17-21; Luk 1:57-66; Ps 42:1-5; Spr 1:20-27
Genesis 37:19-20 NIV
For the next few days let’s look at some dream killers: Discouragement. An experiment was conducted with monkeys. Four of them were placed in a room with a tall pole in the center. On top was a big bunch of bananas. One of the monkeys started climbing the pole, but just as he reached out to grab a banana he was doused with a bucket of cold water. Squealing, he scampered down the pole and abandoned his attempt. Each monkey tried, and each was drenched with cold water. After several attempts they all gave up. Then the researchers removed one of the monkeys from the room and replaced him with a new one. As the newcomer began to climb the pole, the other three grabbed him and pulled him down. After trying to climb the pole several times and being dragged down by the others, he finally gave up and never attempted to climb the pole again. The researchers replaced the original monkeys one by one with new ones, and each time a new monkey was brought in, he’d be dragged down by the others before he could reach the bananas. In time, only the monkeys who’d never received a cold shower were in the room, but none of them would climb the pole. They prevented each other from climbing – but none of them knew why. The point? When God gave Joseph a dream of future greatness, his brothers resented him for it and said, “Here comes that dreamer!…let’s kill him.” Have others tried to throw cold water on your dream? Take heart. With God it’s never too late to start dreaming, or to pursue and fulfill the dream He has given you.
Soul food: Isa 17-21; Luke 1:57-66; Ps 42:1-5; Prov 1:20-27