Weet jy wat ‘ook’ in die Skrif geskryf is?
2024-06-22Matteus 4:7 NLV
Satan sal halwe waarhede gebruik om jou in die strik te laat trap. “Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan. Toe sê hy vir Hom: ‘As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf: ‘God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm…’ Jesus het hom geantwoord: ‘Daar staan ook geskrywe: ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie'” (verse 5-7 NLV).
Satan sal vir jou sê: ‘Jou eggenoot verstaan jou nie, jy is eensaam, so gaan maar voort en pleeg owerspel. God sal verstaan en jou vergewe.’ God mag jou dalk vergewe, maar die Bybel sê ook: ‘…Wat mense saai, sal hulle ook maai!’ (Galasiërs 6:7 NLV). Wanneer Satan opdaag, beter jy weet wat die Woord van God sê. Paulus skryf: ‘Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe…’ (2 Timoteus 3:16 NLV).
Ons hou daarvan om Skrifgedeeltes wat by ons leefstyl pas met die hand uit te soek. Wanneer die Vyand egter God se Woord manipuleer en dit teen jou gebruik, moet jy kan sê: ‘Daar staan ook geskrywe…’ Die Bybel sê dat Satan: ‘…teen God die Allerhoogste te velde [sal] trek en die heilige mense van God die Allerhoogste onderdruk. Hy sal daarop uit wees om die vaste tye en wette te verander…’ (Daniël 7:25 NLV). Moenie toelaat dat hy jou met verdraaiings en halwe waarhede in ‘n strik vang nie! Neem God se Woord in en sê vir Satan: ‘…Gee pad agter My…!’ (Matteus 16:23 NLV).
Sielskos: 2 Kor 1-4; Luk 1:67-80; Ps 139:13-24; Spr 15:31-33