Wanneer jy die Bybel lees, sal jou lewe verander

2020-02-27
Psalm 119:130 NLV

Brian Hardin sê dat God in Desember 2005 vir hom gesê het om die Bybel te potgooi. Hardin skryf: ‘Op oujaarsaand het ek my eerste potgooi gelees. Ek het gesê: ‘Ek is Brian. Ek het geen uitsendingservaring nie. Ek weet regtig nie wat ek doen nie, maar ek beplan om hierdie jaar die Bybel deur te lees. As jy hierdie wil ontvang, teken aan op my eposadres.’ Ek het verwag dat vyf mense sou aanteken. Op 1 Januarie 2006, het ek 257 reaksies ontvang en teen Junie is die daaglikse oudio Bybel meer as 200,000 keer afgelaai. Nou, op ons sesde herdenking, is dit meer as 51 miljoen keer afgelaai en is dit steeds een van die top potgooie op iTunes. Met meer as 1.5 miljoen mense wat maandeliks die daaglikse oudio Bybel aflaai, is ons een van die potgooie wat die meeste in die wêreld geluister word. Ons het ‘n massiewe aanlyn familie geword wat saam bid en die Bybel aanhoor. Wanneer iemand bel of die aanlyn gebedslyn met ‘n versoek kontak, bid duisende mense vir daardie persoon. Ons ontvang ‘n eindelose stroom eposse van ontnugterde gelowiges wat die potgooi aanloklik vind. Paartjies wat nog net die skeibrief moes onderteken, het na die potgooi begin luister en agtergekom dat hulle huwelik herstel is. Ek kan jou baie verhale vertel van mense wat hooploos was – en ek bedoel mense wat selfdood oorweeg het – wat vertroosting in God se Woord gevind het en herstel is. Die Bybel het ‘n stem en wanneer dit die kans gegee word om – in konteks – te praat, sal dit wonderlike dinge in jou hart skep. Die Bybel kan selfs die mees verwronge lewe transformeer. Ek weet. Dit het myne radikaal verander.’ Jou lewe sal verander wanneer jy die Bybel lees.

Sielskos: Gen 10-12; Matt 18:10-20; Ps 58; Spr 6:12-15