Staan op God se Woord (2)

2020-01-22
Psalm 119:50 NLV

Wanneer jy in pyn is. Soms lig God jou uit jou situasie uit. Ander kere, dra Hy jou daardeur en maak jou sterker deur sy liefde en getrouheid aan jou te bewys. Soms verlig Hy jou van die pyn; ander kere onderskraag Hy jou te midde daarvan. As jy vandag in pyn is, lees hierdie beloftes uit God se Woord en staan daarop: ‘Laat u troue liefde my nou vertroos soos U aan u dienaar beloof het. Laat u medelye my oordek sodat ek kan lewe…’ (Psalm 119:76-77 NLV). ‘Draai u gesig na my en bewys genade aan my, want ek is alleen in diepe nood. Die kwelling van my gedagtes word al meer. Verlos my tog uit hierdie ellende! Kyk na my pyne en kwellinge, en vergeef tog al my sondes’ (Psalm 25:16-18 NLV). ‘Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die Here is naby diĆ© wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. Want die Here beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie’ (Psalm 34:18-21 NLV). ‘Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red sodat ek veilig kan wees. U alleen prys ek!’ (Jeremia 17:14 NLV). Let op, God se beloftes vernuwe en vertroos ons in al ons probleme. Jou Bybel is ‘n voorskrif van die Groot Geneesheer self; en die etiket op die bottel lees: ‘Neem soos nodig vir pyn.’

Sielskos: Eks 36-38; Matt 9:1-13; Ps 89:38-52; Spr 3:1-2