Sewe sekondes (1)

2018-02-17
Matteus 5:16 NLV

Jesus het gesê, ‘Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!’ Wanneer jy in die donker is, sien jy die lig voor jy die ligdraer sien. Die ou gesegde wat sê, ‘Eerste indrukke is blywende indrukke,’ is waar. ‘n Kommunikasiekundige sê, ‘Jy het net sewe sekondes om die regte eerste indruk te maak. Sodra jy jou binnekoms maak, is daar verbale en nie-verbale tekens wat bepaal hoe ander mense jou sien. In besigheid kan daardie noodsaaklike sewe sekondes bepaal of jy die kliënt gaan oortuig en of jy ‘n gespanne onderhandeling gaan wen. Is jy vol selfvertroue? Gemaklik? Opreg? Bly om daar te wees? In daardie eerste sewe sekondes gee jy jou gehoor verskeie leidrade. Of mense dit nou besef of nie, hulle reageer onmiddellik teenoor jou gesigsuitdrukkings, gebare, houding en energie. Hulle reageer op jou stem – die toon en toonhoogte daarvan. Gehore, of hulle nou uit een of eenhonderd mense bestaan, som instinktief jou motiewe en houding op.’ Of jy nou praat, verkoop, onderhoude voer of op sosiale afsprake gaan, jou voorkoms, houding en benadering maak al die verskil in die wêreld. Mense kan baie in sewe sekondes van jou te wete kom. Hulle mag dalk besluit dat hulle nie belangstel in wat jy te sê het nie, of hulle kan verbaas wees oor hoe aangetrokke hulle tot jou voel. Henry Ward Beecher het gesê, ‘Daar is mense so stralend, so geniaal, so gaaf, so plesierig, dat jy instinktief in hulle teenwoordigheid voel dat hulle goed is vir jou, wie se aankoms in ‘n kamer is soos om ‘n brandende lamp binne te bring.’

Sielskos: Heb 5-8; Matt 15:1-14; Ps 149; Spr 4:25-27