Neem ‘n geloofsgebaseerde risiko (2)

2024-09-03
Hebreërs 11:6 NLV

Wanneer jy belangrike besluite neem, veral besluite wat die lewens van ander kan affekteer, sê die Bybel dat jy twee dinge moet doen: Eerstens moet jy die koste bereken (sien Lukas 14:28). Dit beteken dat jy die geleentheid moet evalueer en ondersoek en leiding en raad moet soek. ‘Vir ‘n dwaas is net sy eie pad die regte een. Iemand wat wys is, luister na ander se raad’ (Spreuke 12:15 NLV).

Hoe seker moet jy wees voordat jy vorentoe beweeg? In sy boek, The Next Generation Leader, skryf pastoor Andy Stanley: ‘Oor die algemeen sal jy heel waarskynlik nooit meer as 80 persent seker wees nie. Om vir groter sekerheid te wag, mag dalk veroorsaak dat jy ‘n geleentheid misloop.’ Waarvoor wag jy? ‘n Waarborg dat jy nie foute gaan maak nie? Dat jy nie gekritiseer sal word of verleentheid sal ervaar nie? As dit die geval is, sal jy nêrens kom nie. Wanneer jy alles gedoen het wat wysheid vereis, moet jy God vertrou en ‘n geloofsgebaseerde risiko neem.

In ‘n navorsingstudie wat deur twee sielkundiges verbonde aan Cornell Universiteit onderneem is, het hulle bevind dat tyd ‘n groot faktor in dit waaroor ons spyt is, is. Ons is tipies oor die korttermyn oor ons optrede spyt. Ons is egter geneig om oor die langtermyn oor ons gebrek aan optrede spyt te wees. Wanneer mense aan hulle hele lewens as ‘n geheel gedink het, het spyt oor die gebrek aan optrede spyt oor optrede ver oorskry – 84 persent teenoor 16 persent. Met ander woorde, jy sal nie soveel oor die foute wat jy gemaak het, as oor die God-verordende geleenthede wat jy misgeloop het, spyt wees nie. Gaan dus voort en neem ‘n geloofsgebaseerde risiko.

Sielskos: Jos 5:1-8:29; Luk 19:11-27; Ps 103:1-12; Spr 22:27-29