Moses en jy

2018-09-29
Eksodus 3:4 NLV

Moses het al die potensiaal in die wêreld op veertig gehad, maar soos ‘n verlore saak op tagtig gevoel. In plaas daarvan om God se wil op God se manier te doen, het hy probeer om God se wil te bespoedig en dit vir vier dekades vertraag! Op ‘n punt in ons lewe voel die meeste van ons dat die lewe ons verbygegaan het. Ons droom lyk soos ‘n verlore saak. Hierdie krisis bied ons ‘n keuse: Gooi handoek in, of gooi ons hoed terug in die ring in. Baie van ons gee op ons drome op omdat ons voel dat God op ons opgegee het. Ons dien egter ‘n God van restorasie (sien Joël 2:25). Moses se lewe is ‘n bewys dat dit nie saak maak hoeveel verkeerde draaie ons maak nie, dit is God se genade wat ons terug op die paraderoete kry. Moses het gedink dat sy verlede hom gediskwalifiseer het, maar God het dit gebruik om hom vir sy doelwit voor te berei. Niemand het die paleis se protokol so goed soos die prins van Egipte geken nie. Hy het immers daar grootgeword. Nadat hy vir veertig jaar skape opgepas het, het hy die wildernis geken – die wildslewe, die watergate, die weerpatrone. Moses het verkeerd opgetree voor hy begin reg optree het en dit mag dalk die geval met jou ook wees. Hier is egter die goeie nuus: God kan jou mislukkings in die verlede gebruik om jou karakter te bou en jou met die krag en wysheid toe te rus wat jy nodig het om jou doel hier op aarde te vervul. Dis wonderlik wat God met ‘n gebroke lewe kan doen wanneer jy vir Hom al die stukke gee.

Sielskos: 1 Kor 1-3; Luk 23:35-43; Ps 54; Spr 25:1-3