Jou daaglikse ‘geestelike aanvullings’

2020-07-30
2 Korintiërs 3:5 NLV

Die Christelike berader, dr Ann Shorb, skryf: ‘Elke oggend drink ek ‘n verskeidenheid voedingsaanvullings. Elkeen van hulle bevat iets wat ek nodig het, maar nie een van hulle is genoeg om alles op sy eie te voorsien nie.’ Hier is die ‘geestelike aanvullings’ wat sy elke oggend neem: 1) Sy dood aan die kruis is voldoende vir my verlossing: ‘Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos. Ja, Hy leef vir altyd om hulle saak voor God te bepleit!’ (Hebreërs 7:25 NLV). 2) Sy krag is voldoende vir my swakheid: ‘Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die magteloses sterk’ (Jesaja 40:29 NLV). 3) Sy gesag is voldoende vir my stryd: Jesus het gesê: ‘…God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan…’ (Matteus 28:18-19 NLV). 4) Sy krag is voldoende om my te herstel: ‘Die Here help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op’ (Psalm 145:14 NLV). 5) Sy wysheid en kennis is voldoende om my te lei: ‘Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets soos goud in ‘n vuur sal Hy my onskuldig verklaar’ (Job 23:10 NLV). 6) Sy genade is voldoende vir al my behoeftes: ‘…My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…’ (2 Korintiërs 12:9 NLV). Dawid het gesê: ‘Gee my tog weer die vreugde van u redding…’ (Psalm 51:14 NLV). My redding beteken dat ek moet werk om gered te word en dat ek nooit sal weet of ek genoeg gedoen het nie. U redding hang egter totaal van Christus se voltooide werk op Golgota af. Dit erken dat ons nooit self bekwaam sal wees nie, maar ‘…Ons bekwaamheid kom van God’.

Sielskos: Hand 27-28; Luk 10:13-24; Ps 78:17-31; Spr 16:26-30