Hy sal dit weer doen!
2023-04-23Genesis 35:14 NLV
Daar is gebeurtenisse in ons hele lewe wat, as ons terugkyk daarna, ons die hand van God daarin kan sien. Een skrywer stel dit so: ‘Miskien het jy iemand raakgeloop wat jou aan jou eggenoot voorgestel het. Of ‘n kollega het bedank en skielik is jy bevorder. Of ‘n vreemdeling het iets gesĂȘ wat tot jou hart gespreek het. Hierdie is alles tekens van God se guns en wanneer jy in die versoeking kom om moedeloos te word, moet jy onthou hoe God die deur vir jou oopgemaak het, hoe Hy ‘n weg vir jou gebaan het, hoe Hy jou lewe gespaar het, hoe Hy jou kind gesond gemaak het. Daar is nie so iets soos toeval nie. Wanneer iets goeds gebeur, moet jy erken dat dit God is en gereeld daaraan dink.’
In die Ou Testament het Jakob ‘….’n klip soos ‘n pilaar regop gesit op die plek waar God met hom gepraat het…’ Het jy onlangs enige pilare as gedenktekens opgerig? ‘n Seker manier om jou geloof te bou is om al die kere wat God ‘n deur wat gesluit en versper was vir jou oopgemaak het, dae wat jy eensaam was en God die regte persoon in jou lewe ingebring het, nagte wat jy so sleg gevoel het dat jy gedink het jy gaan nie die oggend sien nie, te onthou. Skielik het God dinge vir jou omgedraai, jou uit die put gelig, jou ‘n nuwe begin gegee en vandag is jy gelukkig, gesond en heel.
Die beste van alles is dat indien Hy dit voorheen gedoen het, sal Hy dit weer doen! Hy is vandag dieselfde as wat Hy gister was en wanneer jy die tyd neem om sy goedheid en getrouheid te onthou, versterk dit jou om aan te hou om die goeie geveg van geloof te veg.
Sielskos: Eks 17:8-16; Ef 3:14-21