Hoe om jou doelwitte te stel (4)

2019-12-15
Jesaja 43:4 NLV

Maak meer op God as op ander mense staat. Dit beteken nie dat jy nie ander mense nodig het nie. Jy het. Wanneer God iemand roep om ‘n werk te doen, roep Hy ander mense om daardie persoon by te staan. God se belofte is: ‘…Ek [gee] mense in jou plek en mense in ruil vir jou lewe.’ Vra dus vir Hom wie in jou lewe hoort. So lank as wat Moses sy hande opgehou het, het Israel se weermag die oorhand in die stryd gehad, maar wanneer sy hande moeg geword het, het die geveg weer in hulle teenstanders se guns geswaai (sien Eksodus hoofstuk 17). Dus het AƤron en Hur by Moses gestaan en sy hande opgehou, totdat die Amalekiete heeltemal verslaan was. Jy het mense nodig wat weet hoe om jou hande omhoog te hou en jou te versterk. Paulus het geskryf: ‘Timoteus is immers die enigste persoon wat met dieselfde opregte gesindheid as ek aandag sal gee aan julle belange. Al die ander soek net hulle eie belang… Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het…’ (Filippense 2:20-22 NLV). Paulus het inderwaarheid ‘n hele hoofstuk van die Bybel gebruik om diegene wat dit moontlik vir hom gemaak het om sy roeping uit te leef, te erken en te bedank. Sommige van ons is hardkoppig en selfgesentreerd. Ons ploeg deur mense en los die wrakke vir ander mense om op te ruim. Moenie dit doen nie! Wanneer God talentvolle mense oor jou pad stuur, moet jy hulle erken, respekteer, oplei, motiveer en beloon. Wanneer jy dit doen, sal jy nie net jou roeping vervul nie, maar ‘n wen-wen situasie vir almal skep.

Sielskos: Gen 11:1-9; Fil 2:1-11