God sal vir jou sorg

2021-05-18
Job 10:12 ABA

Daar is geen kuur vir pyn van die verlede soos huidige begeerte nie. Wanneer die verlange na iets kragtig genoeg is, kan dit die pyn van die verlede uitwis, wat jou in staat stel om weer met hernude energie en doelgerigtheid op te staan. As jy enige vrou vra of die pyn van kindergeboorte die moeite werd was, is die kans goed dat sy dit weer sal doen net om die vreugde van ‘n baba in haar arms weer te kan ervaar.

Miskien het jy ‘n tragedie ervaar wat jou onverskillig teenoor die toekoms gelaat het, of ‘n gebroke hart wat jou van pyn laat steier het. Die vrees om seer te kry kan baie groot wees; ‘n kind wat gebrand het vrees die vlamme. Jy kan egter nie die res van jou lewe in vrees leef nie. Job het sy gesondheid, sy rykdom en al sy kinders in ‘n enkele dag verloor. Hoe het hy daardeur gekom? Hy het gesĂȘ: ‘…U het vir my gedoen wat U moes doen, U het vir my gesorg.’

God is nog nie klaar met jou nie. Hy sal vir jou sorg! Job se verhaal eindig met die volgende woorde: ‘…die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het’ (Job 42:10 NLV). God kan dieselfde vir jou doen. Hou moed – Hy het ‘n beter toekoms vir jou in gedagte: ‘As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande lig in gebed! Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs. Jy sal jou swaarkry vergeet. Dit sal wees soos water onderdeur ‘n brug’ (Job 11:13-16 NLV).

Sielskos: Heb 9:1-11:16; Mark 9:38-50; Ps 75; Spr 11:23