God gee om vir jou bekommernisse
2023-01-291 Petrus 5:7 NLV
Doug Coldiron skryf: “Ek is ‘n vragmotorbestuurder en my Jack Russel terrier, Dee Dee, ry orals saam met my. Ons was net buite Atlanta besig om bal te speel toe iets haar oog vang en sy die woud inhardloop. Ek het orals gesoek en haar naam geroep totdat dit pikdonker was, maar kon haar nie kry nie. Die volgende oggend moes ek weer in die pad val en toe ek my laptop oopmaak en na my Facebookblad gaan, was dit gevul met boodskappe: ‘Ons bid vir jou.’ ‘Hou moed.’ ‘Vertrou op God.’ Ek het vertroos gevoel; ander mense was ook besorg oor my hond. As ek net gou weer na Atlanta kon terugkeer! Ek het daaraan gedink om te bid: ‘Here, stuur my asseblief NOU op ‘n roete Atlanta toe!’ Ek het geweet dat dit weke kon neem, maar toe ek op my maatskappy se webblad ingaan om my volgende opdrag en roete te kry… was dit Atlanta! Het my gebed dan gewerk? Die volgende oggend het Russ, een van die maatskappy se toesighouers, my wakker gebel. ‘Ek het jou hond op pad werk toe gesien.’ Ek kon nie my ore glo nie! Ek moes dadelik daar uitkom! Russ het my geneem na waar hy vir Dee Dee gesien het. Nadat ek ure lank gesoek het, het ek oor my skouer gekyk – en daar het sy op die stoep van ‘n huis gesit. Sy het na my toe gehardloop en toe ek haar optel, het ek gebid: ‘Dankie Here.'”
Die Bybel sĂȘ: ‘Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.’ Coldiron voeg by: ‘Wie weet wat in ‘n hond se kop aangaan? Een ding wat ek egter verseker weet, is dat ons nooit alleen is nie. God beantwoord altyd gebede.’
Sielskos: Fil 2:1-13; Eks 14:5-31