Gee jou kinders selfvertroue

2019-02-05
Spreuke 22:6 DB

Die joernalis William Hodding Carter het geskryf: ‘Daar is net twee blywende erflatings wat ons kan hoop om vir ons kinders te gee. Een is wortels; die ander een is vlerke.’ Kinders wat weet dat hulle ouers hulle onvoorwaardelik liefhet, het wortels. Gevolglik is hulle dus in staat om teen enigiets wat die lewe hulle mee gooi, op te staan. Op dieselfde manier, wanneer jy in jou kinders selfvertroue aanwakker en hulle aanmoedig om te droom, gee jy vir hulle vlerke. Enige tyd wanneer kinders die wil om te wen gegee word, is hulle al klaar halfpad op die pad na sukses. As jy hulle egter daarsonder laat grootword, is hulle reeds halfpad op pad na mislukking. Dit beteken dat jy as ouer geloof in jou kind moet demonstreer, sodat hulle kan leer om geloof in hulself te hĂȘ. Elke kind het binne-in hom ‘n God-gegewe saadjie vir grootheid en wanneer jy hom of haar laat weet dat jy in hulle glo, gee jy daardie saadjie die geleentheid om te groei. Het jy al agtergekom hoe mense in ooreenstemming met jou verwagtinge presteer of misluk? Wanneer jy aanhoudend jou kinders kritiseer, sal hulle negatief en vol vrees grootword en aan hulself twyfel. As jy egter in hulle glo en aanneem dat hulle goed sal doen, sal hulle die ekstra pad stap om aan jou verwagtinge te voldoen. Dis jou geloof in hulle wat die omgewing skep waarin hulle leer om te vlieg! As jy vir hulle geld gee, sal hulle dit spandeer. As jy vir hulle hulpbronne gee, sal hulle dit mors. As jy egter vir hulle geloof in God en hulself gee, is die kans goed dat hulle in die lewe sal uitblink.

Sielskos: Gen 13-16; Luk 8:16-25; Ps 120; Spr 3:33-35