Gee dit aan God oor

2019-01-15
Psalm 55:23 NLV

Soms is die beste ding om te doen, om die situasie aan God oor te gee. Kyk na Jesus; Hy het sy bediening eers op dertig begin. Wat van al daardie ‘vermorste’ jare? Hy het dit aan God oorgelaat. Hoe het Hy ook gereageer teenoor diegene wat sy boodskap gehoor het, hulle skouers opgetrek het en weggeloop het? Hy het dit aan God oorgelaat. Wat van daardie klomp FariseĆ«rs wat Hom soveel moeilikheid gegee het? Hy het hulle ook aan God oorgelaat. In The Finishing Touch, beskryf Charles Swindoll ‘n tyd in sy bediening toe hy deur eindelose eise gedrewe en gedreineer gevoel het. Hy skryf: ‘As mense nie verander het nie, het ek verantwoordelik gevoel. As iemand die pad byster geraak het, was dit op een of ander manier my fout. As daar nie aanhoudende groei was nie, het ek opgetree asof ek dit moes maak gebeur. As ‘n preek nie mooi duidelik of kragtig was nie, het ek die hele Maandag en die helfte van Dinsdag daarmee geworstel. Praat van vermorste energie! Ek het met tyd en ouderdom verbeter. Amper al die dinge wat eens op ‘n tyd my vreugde gesteel en my motivering aangeval het – gee ek eenvoudig aan God oor. Beteken dit ek gee nie om nie? Natuurlik gee ek om. Daardie bekommernisse is egter nou in die Een wat hulle kan hanteer se hande geplaas. Ek het geleer om die dinge wat my eens op ‘n tyd gepla het, aan die Een oor te gee wat nie omgee om gepla te word nie. Waar kritiek my voorheen vir dae ontstel het, het ek nou geleer om te sif, te skuif en te seil. Ek doen wat ek kan – en gee die res aan God oor.’

Sielskos: Jes 45-48; Luk 3:1-10; Ps 79; Spr 2:9-10