Die waarheid van die skepping (3)

2021-02-14
Genesis 1:2 NLV

Die wetenskap definieer die heelal deur middel van vyf komponente waaruit dit bestaan: tyd, ruimte, materie, krag en beweging. Met dit in gedagte, lees die volgende: ‘In die begin [tyd] het God die ganse heelal gemaak [krag], die hemel [ruimte] daarbo en die aarde [materie] hieronder. Maar die aarde was ‘n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Tog het die kragtige, skeppende Gees van God oor die oppervlakte van die water gesweef [beweging]. Toe beveel God: ‘Laat daar lig wees!’ en dit was so’ (verse 1-3 NLV).

Dink nou oor hierdie aanhalings na: 1) ‘Die meeste kosmoloĆ« (wetenskaplikes wat die strukture en evolusie van die heelal bestudeer), stem saam dat die Genesis weergawe van die skepping, in die idee van ‘n aanvanklike leemte, ongelooflik naby aan die waarheid kan wees’ (die tydskrif Time).

2) ‘Die heelal het skielik in bestaan in ontplof. Die ‘Big Bang’ teorie het ‘n ongelooflike ooreenkoms met die bevel in Genesis’ (Jim Holt, wetenskaplike skrywer: The Wall Street Journal).

3) ‘Nuwe wetenskaplike openbarings oor supernovas, swart gate, kwarke en selfs die ‘big bang’ stel aan sommige wetenskaplikes voor dat daar ‘n ‘meestersplan’ vir die heelal is’ (U.S. News & World Report).

Jou oog se retina bevat 137 miljoen lig-sensitiewe selle, terwyl die spiere wat jou oĆ« fokus ongeveer 100,000 keer ‘n dag beweeg. Raai wat? Charles Darwin het in sy boek, On the Origin of the Species by Means of Natural Selection, die volgende geskryf: ‘Ek moet bieg dat om te veronderstel dat die oog deur natuurlike seleksie (evolusie) gevorm kon word, absurd in die hoogste graad lyk.’

Die waarheid is as volg: God het jou gemaak en Hy het ‘n plan vir jou lewe.

Sielskos: Ef 5:21-33; Hoogl 2:1-7; Ps 45; Spr 5:15-19