Die vele maniere wat God met ons praat

2024-10-30
Job 12:8 NLV

Die patriarg Job het geskryf: ‘Praat met die aarde. Dit sal julle onderrig…’ George Washington Carver word as een van die geskiedenis se grootste wetenskaplike denkers geag. Om en by die draai van die twintigste eeu het landbou in die suidelike state van Amerika swaar gekry. Die bolkalander was besig om katoengewasse te vernietig. Omdat die boere jaar na jaar katoen geplant het, was daar ook min voedingstowwe in die grond oor.

Dit was George Washington Carver wat die idee van wisselbou begin het. Hy het die boere aangemoedig om grondbone te plant, wat hulle toe gedoen het. Die plan het die grond weer laat herstel, maar die boere was ontsteld omdat daar nie ‘n mark vir grondbone was nie. Toe hulle by Carver daaroor kla, het hy gedoen wat hy altyd gedoen het – hy het gebid; hy het gereeld vieruur in die oggend opgestaan, deur die woud gaan stap en God gevra om die geheimenisse van die natuur aan hom te openbaar. Een van sy gunsteling Skrifgedeeltes was: ‘Praat met die aarde. Dit sal julle onderrig…’ Carver het letterlik vir God gevra om die natuur se geheime aan hom bekend te maak en God het dit gedoen.

Gevolglik het Carver meer as driehonderd gebruike vir grondbone ontdek. Of dalk meer akkuraat, die Here het meer as driehonderd gebruike daarvoor geopenbaar. Dit het alles van skeerroom tot gom tot skoonheidsmiddels tot seep tot souse tot insekdoder tot linoleum tot houtvernis tot kunsmis, behels. Carver het gesĂȘ: ‘Ek hou daarvan om aan die natuur as ‘n draadlose telegraafstasies waardeur God elke dag, elke uur en elke oomblik van ons lewe met ons praat, te dink.’ Vandag sal God op baie verskillende maniere met jou praat; jy moet net sensitief daarvoor wees en luister.

Sielskos: Jes 26-29; Joh 7:1-13; Ps 114; Spr 28:1-4