Die belangrikheid van self-dissipline

2018-02-15
Filippense 1:10 NLV

Om groter self-dissipline te bereik, moet jy: 1) Jou dag begin deur die moeilikste dinge eerste te doen. Byvoorbeeld, maak jou bed op, tel jou klere op en was die skottelgoed; moenie meer werk vir jouself maak nie. Moet ook nie ‘n klomp projekte gelyktydig begin nie; die gevoel wanneer jy iets klaar maak sal jou help om in self-respek en self-dissipline te groei. 2) ‘n Punt daarvan maak om stiptelik te wees. Dis moeilik om die gewoonte te breek as jy gedurig laat is. Om dit te oorkom moet jy gewillig wees om dit op die naam te noem – onbedagsame, selfsugtige gedrag. 3) Vooruit beplan. Alles neem langer as wat jy dink, moet dus nie tot die laaste minuut wag en dan soos ‘n afkophoender rondhardloop nie. Jy kan maagsere kry as jy gedurig so moet jaag, maar as jy jouself ekstra tyd gun is dit goed vir jou gesondheid en gedagtes. 4) Teregwysing van diegene wat vir jou omgee aanvaar, sonder om dikmond te wees of terug te slaan. Tensy jy gewillig is om teregwysing te aanvaar, sal jy nooit gekwalifiseerd wees om dit te gee nie. Die Bybel sê, ‘…Hulle wat na ander luister, het wysheid’ (Spreuke 13:10 NLV), so as jy wys is sal jy terugvoer verwelkom en goeie raad opsoek. Gandhi het eenmaal gesê, ‘Daar is altyd ‘n beperking op self-bevrediging, maar geen op self-beheer nie.’ Vra God om jou te help om jou oproerige gedagtes, gevoelens, begeertes en gedrag te beheer. Identifiseer die onbeheerbare areas in jou lewe, hou op verskonings maak, staar die waarheid in die gesig selfs al maak dit seer, weier om jammer vir jouself te voel en stel ‘n paar bereikbare doelwitte vir jouself. Met ander woorde, leer om te onderskei wat regtig saak maak.

Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22