2025-07-17
Markus 1:35 NLV
Om geestelik te groei, moet jy tyd alleen met God bestee. Wanneer jy in sy teenwoordigheid kom, moet jy die volgende benadering hê:
1) Afwagting. Verwag om in julle tyd saam te gee en te ontvang. Maak dit ‘n tyd van intimiteit. Dis onmoontlik om ‘n liefdesverhouding in die openbaar te hê; intimiteit verg alleentyd saam met die een wat jy liefhet. Die Bybel praat van Christus as die bruidegom en ons as sy bruid (sien 2 Korintiërs 11:2). Dink aan die afwagting en opgewondenheid wat in sulke oomblikke gedeel word.
2) Eerbied. Moenie in God se teenwoordigheid inbars nie. Berei jou hart voor deur voor Hom stil te word en die stilte toe te laat om die gedagtes van die wêreld weg te vee. Herinner jouself wie jy ontmoet – God! Die Een wat waardig is ‘… om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang…’ (Openbaring 4:11 NLV).
3) Waaksaamheid. Gaan vroeg bed toe sodat jy op en wakker sal wees wanneer jy God in die oggend ontmoet. Hy verdien jou volle aandag. Gee aan Hom die beste deel van jou dag – wanneer jy die varsste is. Volg Christus se voorbeeld: ‘Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ‘n stil plek gaan bid.’
4) Gewilligheid. Dit is van kardinale belang dat jy na jou stiltetyd toe kom met die doel om enigiets en alles te doen wat God wil hê jy moet doen. Johannes sê: ‘Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:22 NLV). Wanneer jy alleen saam met God is, besluit om dit wat Hy vir jou sê om te doen, met oorgawe te doen.
Sielskos: Hand 20-21; Matt 10:21-31; Ps 14; Spr 16:6-7
Mark 1:35 TLB
To grow spiritually, you must get alone with God. When you come into His presence, you should have these attitudes:
(1) Anticipation. Expect to give and get from your time together. Make it a time of intimacy. It’s impossible to have a love affair in a public place; intimacy calls for being alone with the one you love. The Bible speaks about Christ as the groom and us as His bride (See 2 Corinthians 11:2). Think of the anticipation and excitement shared in such moments.
(2) Reverence. Don’t rush into God’s presence. Prepare your heart by being still before Him and letting the quietness clear away the thoughts of the world. Remind yourself who you’re meeting with – God! The One who is “worthy… to receive glory and honour” (Revelation 4:11 NIV).
(3) Alertness. Go to bed early so you will be in good shape to meet with God in the morning. He deserves your full attention. Give Him the best part of your day – when you’re the freshest. Follow Christ’s example: “The next morning [Jesus] was up long before daybreak and went out alone into the wilderness to pray.” Hudson Taylor astutely observed that you don’t tune up the instruments after the concert is over, you tune them before you start.
(4) Willingness. It’s crucial that you don’t come to your quiet time to decide what you will or won’t do, but with the purpose of doing anything and everything God wants you to do. John says, “We will receive… whatever we ask because we obey him and do the things that please him” (1 John 3:22 NLT). When you get alone with God, make up your mind to do whatever He says.
Soul food: Acts 20-21; Matt 10:21-31; Ps 14; Pro 16:6-7
2025-07-16
Johannes 2:17 NLV
Probeer om die vuur in Jesus se oë en die bulting van sy spiere terwyl Hy die tafels van die geldwisselaars in die tempel omgooi, voor te stel. Hy doen dit terwyl Hy ‘n sweep swaai wat Hy self gemaak het. “Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: ‘Die ywer vir u huis brand in my binneste.'” Jesus was die wysste en barmhartigste mens wat ooit gelewe het. Hy was ook die passievolste. Diegene wat Hom volg, behoort ook die passievolste mense op die aarde te wees.
Die woord entoesiasme kom van twee Griekse woorde af: en en theos, wat ‘in God’ beteken. Hoe meer jy ‘in God’ word, hoe groter passie ontwikkel jy vir God se dinge. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Ja, jy is veronderstel om jou vleeslike begeertes daagliks te kruisig. God neem egter nie jou kapasiteit vir begeerte weg nie; Hy heilig en herlei dit. Wanneer jy jouself in die Here verbly, verander jou begeertes.
C.S. Lewis het gesê: ‘Ons is halfhartige wesens wat eerder met drank en seks en ambisie omgaan, as die oneindige vreugde wat aan ons gebied word.’ ‘n Pastoor voeg by: ‘Sonde is ‘n vermorsing van energie, en dit is ook ‘n dubbele vermorsing. Nadat jy jou energie op dinge soos wellus en trots en woede gemors het, moet jy nog meer energie op dinge soos skuld en skaamte en spyt mors. Niks vermors meer energie as sonde nie, maar op dieselfde manier verskaf gehoorsaamheid meer energie as enigiets anders. Dit is pure energie.’
Sielskos: Hand 18-19; Matt 10:11-20; Ps 146; Spr 16:4-5
John 2:17 NLT
Try to imagine the fire in the eyes of Jesus and the flex of His muscles as He turns over the tables of the money changers in the temple. And He does it while wielding a whip He made Himself. “Then his disciples remembered this prophecy from the Scriptures: ‘Passion for God’s house will consume me.'” Jesus was the wisest and kindest person who ever lived. Additionally, He was the most passionate. And those who follow Him ought to be the most passionate people on earth.
The word enthusiasm comes from two Greek words: en and theos, meaning “in God.” And the more you get into God, the more passion you develop about the things of God. “Delight yourself also in the Lord, and He shall give you the desires of your heart” (Psalm 37:4 NKJV). Yes, you’re supposed to crucify your carnal desires daily. But God doesn’t do away with your capacity for desire; He sanctifies and redirects it. When you “delight yourself also in the Lord,” you get a “desire transplant.”
C. S. Lewis said, “We are half-hearted creatures fooling around with drink and sex and ambition when infinite joy is offered us.” A pastor adds: “Sin is a waste of energy… And it’s a double waste. After you waste your energy on things like lust and pride and anger, then you must waste even more energy on things like guilt and shame and regret. Nothing is more de-energizing than sin, but by the same token, nothing is more reenergizing than obedience. It’s pure energy.”
Soul food: Acts 18-19; Matt 10:11-20; Ps 146; Pro 16:4-5
2025-07-15
Jakobus 3:14 NLV
Die Bybel sê: ‘…As iets jou in sy mag het, is jy mos sy slaaf’ (2 Petrus 2:19 NLV). Dis veral waar van jaloesie. Chuck Swindoll skryf: ‘Jaloesie en afguns word dikwels as dieselfde beskou, maar daar is ‘n verskil: Afguns ontstaan uit leë hande; dit rou oor dit wat jy nie het nie. Jaloesie ontstaan uit vol hande; dit word deur die pyn aangesproor om dit wat jy het aan iemand anders af te staan, ten spyte van jou pogings om dit te behou. Kaïn was jaloers op Abel. Hy was wrokkig as gevolg van God se aanvaarding van sy broer; en eers toe Abel se bloed oor Kaïn se wrede hande uitgegiet is, het sy jaloesie bedaar.
Enigiemand wat bevryding van hierdie helse reus ervaar het, weet goed hoe jaloesie ‘n vriendskap kan vernietig, ‘n romanse kan ontbind, ‘n huwelik kan vernietig, spanning deur die geledere van professionele persone kan saai, eenheid in ‘n span tot niet kan maak, ‘n kerk kan verwoes, mededinging onder die koor kan bevorder en bitterheid en vingerwysers onder talentvolle instrumentaliste kan bring. Jaloesie bevraagteken beweegredes en betreur ‘n ander se sukses.’
Die Bybel sê: ‘As julle bitter jaloers is… moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!’ Besluit eerder dat jy deur die genade van God uit jaloesie se beheer gaan losbreek. Swindoll voeg by: ‘Ek het baie jare gelewe deur jaloesie se bevele te gehoorsaam. Dit was aaklig. Uiteindelik het ek besef dat ek nie in duisternis hoef te lewe nie. Ek het die reus doodgemaak. Die sonlig van vryheid het my hart verbly. Die lug was so vars en skoon. O, die verskil wat dit gemaak het! Dis volslae genot.’
Sielskos: Hand 16-17; Matt 10:1-10; Ps 140; Spr 16:3